Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Dokument met aanbevelings vir nuwe toerusting vir vloot ‘gekook’
Minstens ’n gedeelte van ’n dokument waarvolgens die vloot glo nóg miljarde rande se nuwe toerusting wil aankoop, is “onwaar of vals”. Dít is hoe die oorspronklike skrywer van ’n militêre akademiese stafgeskrif, kapt. (vloot) Dean Gillespie, gister gesê het nadat ’n herrie oor die “aanbevelings” in die dokument losgebars het. Die “aanbevelings” sou na berig word daarop dui dat die vloot buiten sy splinternuwe fregatte nóg vaartuie wil aankoop om bepaalde maritieme patrolliefunksies te verrig. Die dokument is al in 2003 geskryf terwyl Gillespie, senior regsoffisier betrokke by strategiese en operasionele regsteundienste by die weermag se gesamentlike operasiesentrum, sy senior stafkursus by die Krygskollege in Pretoria deurloop het. Die “dekbrief” van die dokument is deur genl.maj. Bailey Mmono, hoof van regsdienste in die weermag, onderteken. Mmono het niks te doen met die finansies, strategiese beplanning of operasionele toerusting van die vloot nie en bepaal hom by regsaangeleenthede, het Gillespie gister gesê. Mmono het ook nooit só ’n brief geskryf of onderteken nie. Selfs die bronverwysingsnommer op die brief is vals. Die regsafdeling het hom daarom gister in totaliteit van die dokument gedistansieer. “Die akademiese dokument is ná my kursus as werksdokument vir regsoffisiere wyd in die weermag en in die polisie gebruik omdat dit oor maritieme juridiese kwessies gehandel het. “Die enigste verklaring wat ek nou vir die aangepaste weergawe het, is dat iemand met duistere oogmerke dit verdraai het,” het Gillespie gesê. Stafgeskrifte soos dié word by die dosyne tydens militêre kursusse gegenereer en die doelwit daarvan is juis om jong offisiere oor strategiese kwessies te laat dink. Aan die begin van ’n senior stafkursus lê die onderskeie afdelings van die weermag bepaalde onderwerpe aan die studente voor wat hulle dan moet gaan navors. Hul aanbevelings word in ’n gesamentlike voorlegging aan (in dié geval) die vlootraad voorgelê. “Die vloot en die hele weermag moedig sy offisiere aan om op stafkursusse juis buite die boks te dink om vernuwende voorstelle aan te moedig. “Dit is egter absurd om te dink ’n student aan die Krygskollege kan aanbevelings skryf wat bepaal watter toerusting die weermag gaan aanskaf.”
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|