Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Onderhoof kap na Tshwane-raad oor swak skoolvervoer
Aug 28 2008 09:46:21:183PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Elana Carstens


Die Tshwane-metroraad ontneem leerlinge van Eersterust, Pretoria, “van hul grondwetlike reg om skool toe te gaan”.

So het ’n ontstelde mnr. Robin Veldman, onderhoof van die Laerskool Norridgepark in Eersterust, gister gesê oor Tshwane-metrobusse wat volgens hom die afgelope twee jaar nie kinders van dié woonbuurt getrou vir skool oplaai nie.

“Ek blameer die munisipale dienste. (Dr.) Gwen Ramokgopa en haar span moet hul sokkies optrek.”

Volgens Veldman is die busbestuurders ook dikwels onvriendelik teenoor die kinders en is die busse ook nie padwaardig nie.

“Ons het al gevalle gehad waar die kinders amper deur die busse gestamp is omdat die bestuurders nie ordentlik by die bushaltes stilhou nie.”

Veldman het nie net in sy hoedanigheid as onderhoof by die metroraad gekla nie, maar ook as pa van drie kinders.

“Selfs vir ’n werkende ouer is dit te duur om drie kinders tot by hul onderskeie skole te vervoer. Ons koop dan juis die buskaartjies vir die kinders om geld te bespaar,” het hy gesê.

Veldman beweer die buskaartjiepryse vir skoolkinders het sonder waarskuwing gestyg en dat kinders die busse belet is as hulle nie die nuwe buskaartjies kon toon nie.

“Die buskaartjies was R30 per skolier, vir twee weke se busvervoer. Dit is opgestoot tot R42, wat beteken ek, as ouer, betaal R252 ’n maand vir al my kinders.”

Veldman meen die geld wat ouers betaal vir buskaartjies word gemors as die busse nie opdaag nie, en bygevoeg dat sommige kinders tot vyf klasse per dag weens dié probleem misloop.

Die Tshwane-metroraad kon nie gister kommentaar lewer nie, maar het aangedui dat ondersoek na die bewerings ingestel sal word.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |