Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Minister hoor in media oor onteieningswet
Aug 31 2008 09:20:41:490PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Philda Essop


Kaapstad. – Die departement van openbare werke is omgekrap oor die rede wat aangevoer is vir die onttrekking van die omstrede Wetsontwerp op Onteiening uit die wetmakende proses.

’n Departementele verklaring lui dit is “moeilik om te aanvaar” dat ’n gebrek aan konsultasie die ware rede vir dié stap is.

Me. Thoko Didiza, minister van openbare werke, is na bewering ook nooit formeel deur die parlement daaroor ingelig nie.

Me. Thandi Tobias-Poloko, voorsitter van die parlemen-têre portefeuljekomitee oor openbare werke, het verlede Dinsdag aangekondig die konsepwet is op die lange baan geskuif weens ’n gebrek aan behoorlike konsultasie.

Die wet is wyd as “ongrondwetlik” bestempel.

Die departement het egter sy misnoeë oor dié besluit in ’n sterk bewoorde mediaverklaring te kenne gegee.

Luidens die verklaring is meer as 3 000 geskrewe en mondelinge voorleggings oor die wetsontwerp ontvang.

Openbare verhore het ook in ál die provinsies plaasgevind.

“Openbare deelname in die proses was suksesvol. Die wetsontwerp is gedurende dié verhore behoorlik gedebatteer, daar is vrae gestel, duidelikheid is versoek en voorsien.

“Die parlementêre program het bepaal dat die departement op die voorleggings sou reageer.

“Die program is egter sonder konsultasie met die departement verander.

“Oor die beweerde ‘ongrondwetlikheid’ van die konsepwet is dit belangrik om op rekord te plaas dat die departement regsadvies ingewin het wat bevestig dat die wetsontwerp in ooreenstemming met die grondwet is. Die parlement is hieroor ingelig.

“Die portefeuljekomitee, en veral die voorsitter van die komitee, het nie redes aangevoer waarom die wetsontwerp nie voorgelê kan word vir bespreking nie.

“Daar is aanvanklik voorgestel dat die formuleerders gemeenskaplike terrein moet vind met die parlementêre regsadviseurs.

“Daar kon nie konsensus bereik word nie omdat die regsadviseurs van die parlement effektief geweier het om met die beamptes van die departement saam te werk.

“Dit is aan die voorsitter van die komitee uitgewys.

“In ag genome hoe inklusief die proses van die begin af was, is dit moeilik om te aanvaar dat die ware rede om die wetsontwerp op die lange baan te skuif weens ’n gebrek aan behoorlike konsultasie is, soos beweer word.

“Die departement aanvaar egter dat die parlement die prerogatief het om besluit of die konsepwet geprosesseer moet word,” lui die verklaring.

Mnr. Thami Mchunu, Didiza se woordvoerder, het aan Beeld gesê die minister het deur die media van die besluit te hore gekom.

“Die minister is nie gelukkig nie. Sy is nooit formeel deur die parlement oor die besluit in kennis gestel nie,” het hy gesê.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |