Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

‘MI6 beheer die Skerpioene’
Sep 02 2008 09:41:39:990PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Pieter du Toit

Kaapstad. – Mnr. Julius Malema, omstrede ANC-jeugleier, het gister hier gesê dit is binne die regerende party bekend sommige ANC-leiers onderwerp hulself willens en wetens aan die gesag van buitelandse veiligheidsmagte.

Hy wou nie enige name gee van diegene wat deur sulke veiligheidsmagte “gedraai” is nie, maar mnr. Clifford Motsepe, lid van die ANC-jeugliga se nasionale werkkomitee, het die vinger na die Britse MI6 en Israeliese Mossad gewys en gesê dié agentskappe beheer die Skerpioene.

“Die Skerpioene is in diens van imperiale magte . . . ons is daarvan oortuig hierdie mense rapporteer aan iemand (in die buiteland),” het Malema op ’n sitting van die gesamentlike parlementêre komitee oor die Skerpioene-wetgewing gesê.

Hy het langs mnr. Mo Shaik, vertroueling van mnr. Jacob Zuma en broer van Zuma se veroordeelde finansiële adviseur, Schabir, gesit. Malema het namens die ANC-jeugliga ’n voorlegging aan die komitee gedoen en gesê die Skerpioene moet plek maak vir uitgebreide straatkomitees en gemeenskapspolisiëringsforums.

Toe me. Dianne Kohler Barnard, DA-LP en ’n gunsteling ANC-teiken, hom daarop wys dat dié elite-eenheid gespesialiseerd is, het Malema gesê: “Ek gee nie om dat hulle hoogs opgelei is nie . . . hulle bestaan uit apartheidsagente!”

Hy het vorige stellings oor sy bereidwilligheid om vir Zuma te sterf, herhaal: “Ek sal sterf vir die revolusie en ter verdediging van sy leiers . . . dít is die verantwoordelikheid van die jong revolusionêr!” Volgens hom is sy aanmerkings dat hy sal sterf én sal doodmaak ter wille van sy politieke oortuiginge danksy “die taal van die imperialis” uit konteks aangehaal. Suid-Afrikaners word volgens hom gedwing om daarin te kommunikeer en dit lei tot misverstande.

“Die manier waarop jy jou passie vir ’n vrou in jou eie taal uitdruk, sal ook verlore gaan as dit direk na Engels vertaal word. Ek het nie letterlik ‘doodmaak’ bedoel nie. Ek het dit gebruik om my passie oor hierdie spesifieke saak uit te druk.”

Shaik het aan die komitee gesê die Skerpioene is ’n gevaar vir die demokrasie omdat die eenheid by magte is om te maak en breek soos hy wil. “Die eenheid het tot stand gekom ná ons die Grondwet in 1996 aanvaar het en danksy ’n aanpassingswet . . . dit was rampspoedig en dinge gaan net erger raak as dié komitee nie nou ingryp nie.”

Daar sal vandag besluit word of tientalle LP’s wat deur die Skerpioene ondersoek word, geskik is om by dié wetmakingsproses betrokke te wees.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |