Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Diamantmyn in reservaat sal duur wees, wys studie
Sep 04 2008 06:03:44:520PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Elise Tempelhoff

’n Omvattende omgewingstudie oor die SA Lombard-natuurreservaat, die oudste bewaringsgebied in Noordwes, toon dit gaan “nogal duur wees” om diamante hier te myn.

Die studie se samestellers stel ook voor dat die “spesiale vloedvlakte”, wat in die Vaalrivier se opvangsgebied is, liewer bewaar word.

So het me. Bridget Sefanyetso, lid van die Noordwes-parkeraad, vandeesweek in Mafikeng by die departement van omgewingsake en toerisme se People and Parks-beraad gesê.

“As oor SA Lombard se toekoms besluit moet word, sal dit óf ten gunste van mynbou óf ten gunste van bewaring wees,” het Sefan-yetso gesê.

Stemme van protes het opgegaan teen die Noordwes-regering se plan twee jaar gelede om dié natuurreservaat, wat in 1954 geproklameer is, te deproklameer om diamante in die vloedvlakte te myn.

Die diamante lê glo 10 m onder sowat 10 m dik, klipharde kalksteen, waardeur geboor sal moet word.

Mnr. Mack Magodielo, hoofbewaringsbeampte by die parkeraad, het gister gesê die Noordwes-regering wil “geen foute begaan” wanneer ’n finale besluit oor die natuurreservaat se toekoms geneem word nie.

“Dit is nog ’n natuurreservaat en word só bedryf. Hier word ook wetenskaplike navorsing gedoen,” het hy gesê.

Magodielo het egter beklemtoon dat dinge in die toekoms kan verander.

“In ’n geologiese studie word tans vasgestel wat die gehalte van die minerale is en of dit die moeite werd sal wees om dit te myn. Ons wil die beste besluit neem. Dalk besluit ons mynbou en bewaring kan saam bedryf word,” het hy gesê.

Sefanyetso het ook daarop gewys dat die omgewingstudie gemeld het die SA Lombard-natuurreservaat “bewaar ’n spesiale, baie bedreigde grasbioom”.

“Dit klink of dit nogal duur gaan wees om hier te myn,” het Sefanyetso gesê.

“In die geologiese studie word gekyk hoe groot die diamante is en hoe diep hulle lê.”

Magodielo het voorts gesê as “die owerheid” besluit om met mynbou in die reservaat voort te gaan en dit gedeproklameer moet word, sal die korrekte wetlike prosedures gevolg word.

Die SA Lombard-natuurreservaat is tussen Bloemhof en Schweizer-Reneke geleë en bestaan hoofsaaklik uit droë, sanderige Hoëveldse grasland. Dit is ’n veldsoort waarvan net 0,33% in die land tans bewaar word. Hiervan is 0,28% in die SA Lombard-reservaat.

Wetenskaplikes wat voor 1994 by navorsing hier betrokke was, het destyds gesê as dié grasspesie vernietig word, sal die swartwildebees (Connochaetes gnou), wat jare gelede byna uitgesterf het, weer onder druk kom.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |