Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Gebuite selfoon lei na moordverdagte
’n Vermoorde vrou se selfoon het daartoe gelei dat haar vermeende moordenaar sowat sewe maande later vasgetrek is. Dié man, ’n bouer, sal volgende Woensdag in die landdroshof in Welbekend, oos van Pretoria, om borgtog aansoek doen. Hy het vroeër vandeesweek verskyn op klagte van verkragting, moord en diefstal. Sy naam word verswyg totdat hy op die verkragtingsklag gepleit het. Me. Elize Havenga (26) van Rietfontein, Pretoria, se lyk is op 24 Februarie digby haar huis op ’n hoewe hiér gevind. Sy is glo oorval en vermoor op pad huis toe. Sers. Marinda Stoltz, polisiewoordvoerder, het gesê die man is deur Havenga se selfoon, wat tydens die voorval gesteel is, opgespoor. Die staat het vroeër die moordklag teen mnr. Moses Selepe (38) teruggetrek ná DNS-toetse hom nie met die moord kon verbind nie. – Hilda Fourie
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|