Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Motorfiets-ongeluk eis bruidegom ’n maand voor troue
Sep 05 2008 09:27:52:560PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Sonja van Buul

Sasolburg. – Sy troupak hang reg in die kas, maar hy sal dit nooit dra en sien hoe sy bruid hom tegemoet stap nie.

Mnr. Werner Geldenhuys (29) van Vaalpark het gisteroggend op pad werk toe vermoedelik met sy motorfiets uitgeswaai om ’n motor wat voor hom ingedraai het te vermy. Hy het vermoedelik teruggeswaai, wel die motor getref en geval.

Dié erg beseerde elektrisiën van Sasol is inderhaas deur Vaal Emergency Care (VEC)-nooddienste na die Vaalpark-hospitaal geneem, maar is kort ná sy aankoms dood.

“Die pasiënt het veelvuldige, ernstige beserings gehad,” het mnr. Marius Venter van VEC-nooddienste gesê.

Geldenhuys se verloofde, mej. Laura Roux (26), ’n onderwyseres by die Hoër Tegniese Skool Sasolburg, was by die hospitaal toe hy dood is.

Hulle het mekaar vier jaar gelede ontmoet en was die afgelope jaar en ’n half verloof. Hulle sou op 11 Oktober trou en al die troureëlings was klaar getref.

Roux, wat deur die polisie vanaf Geldenhuys se selfoon van die ongeluk in kennis gestel is, was gistermiddag nog te geskok om oor haar geliefde se dood te praat.

“Dis ’n stukkende seer. Ek is leeg,” het sy hartseer ma, Ria, gesê.

Geldenhuys het ’n nou band met sy suster, Hendriëtte Pieterse, en haar man, Juan, gehad. Ook sy was gister erg geskok.

“My kind was opgewonde oor sy troudag en het self die woorde vir die troukaartjie gekies.”

Dié woorde beskryf hoe ware liefde die samekoms van raaisels, geheimenisse en verrassings is, wat veroorsaak dat twee een word.

Volgens sy ma was Geldenhuys ’n opgeruimde, maar stil mens.

“Maar as hy eers vlam gevat het, het almal hulle gekraak,” het sy gesê.

“Werner was my ‘boetie’ en motorfietsry was sy lewe. Hy sou eerder motorfiets ry as wat hy in sy kar sou klim,” het mnr. J.J. Brits van Roodepoort, sy beste vriend, gesê.

Volgens mnr. Willie Roux, die bruid se pa, was Geldenhuys ’n vrolike mens.

“Hy het my dogter gelukkig gemaak en so pragtig aangevul,” het hy gesê.

’n Saak van strafbare manslag word teen die motorbestuurder ondersoek.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |