Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Honeydew-polisie rand hul aan, beweer 4 werkers
“As jy nié plat lê nie, sal jy plat lê met ’n koeël in jou kop!” So is ’n hoofkok, sy sjef en twee motorbestuurders van ’n spyseniersfirma in Kya Sand, noordwes van Johannesburg, gisteroggend glo deur lede van die Honeydew-polisiekantoor aan die Wes-Rand toegesnou, toe hulle glo vir rowers aangesien is. Mnre. Kony Ravele (23), Alpa Sibanyoni (41), Dennis Baloyi (26) en Wilson Talane (45) is omstreeks 04:45 op pad na hul werkplek, op die hoek van Riverweg en Malibongwe-rylaan, in ’n rooi Volkswagen Golf van die pad getrek. Die polisie was glo op soek na ’n verdagte rooi motorvoertuig en het die mans deurgesoek. Hulle is almal beveel om uit te klim, plat te lê en hul hande bo hul koppe te hou. “As jy nie plat lê nie, sal jy plat lê met ’n koeël in jou kop!” het die polisie volgens Talane vir hulle geskree. “Ons het ons uniforms en tot die besigheidskaarte in ons ID’s vir hulle gewys, maar hulle wou nie hoor nie!” sê hy. Terwyl nog lede van die Honeydew-polisiekantoor opgedaag het om met die deursoeking te help is dié vier glo orals teen die kop en lywe met stewels geskop. Die polisie kon niks fout vind nie en het net op houers in die kattebak afgekom wat in die spyseniersbedryf gebruik word om voedsel te verpak. Dié werkers eis nou ’n verduideliking van die polisie. “Hulle het nie eens om verskoning gevra nie; net weggery,” sê Baloyi. Insp. Karen Jacobs, polisiewoordvoerder, het dié vier versoek om verklarings by die Honeydew-polisiekantoor af te lê sodat ’n aanrandingsaak ondersoek kan word.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|