Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
||||||||||||||||||||||
|
Mansgroep maak sy omgewing 2010-groen
Delmas. – ’n Groep mans van Delmas en Bronkhorstspruit het ingespring om hul omgewing groener te maak met die oog op die Wêreldbeker-sokkertoernooi in 2010. Die Progress Men’s League wil 3 000 bome in die woonbuurte om Delmas, Bronkhorstspruit en dele van KwaMhlanga plant. Dit sluit vrugtebome in wat veral by hospiese en instellings vir gestremdes geplant sal word. Hospitale, skole en gemeenskapsparke gaan ook voordeel trek uit die projek. Die mans het gister die eerste 100 bome in Delmas uitgedeel. Mnr. November Mbonani, sekretaris van die Progress Men’s League, het gesê die organisasie wil nou bome plant sodat dié deel van die land in 2010 aanskoulik en groen sal wees. Die munisipaliteite in die omgewing en die Mpumalanga-regering het steun die plan en het onderneem om die aangeplante bome in stand te hou. “Ons het die meeste bome van Trees for Afrika ontvang,” het Mbonani gesê. “Die vrugtebome sal ook dien as ’n gesonde voedselbron en ons wil só ook ’n gesonder lewenstyl bemark.”
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|