Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Koerante oor dop het toe lekker skop
Sep 07 2008 06:14:37:857PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

“Bottels en bewerings”; “In sop oor dop”; en “Seuns bly seuns”.

Dit was maar ’n paar van die treffende opskrifte op die voorblaaie wat leerlinge eergister op ’n skoolkoerantkursus by die Gekombineerde Skool Hendrina gemaak het.

Sowat 50 leerlinge en onderwysers van die Gekombineerde Skool Hendrina, die Hoërskool Kriel, die Carolina Akademie, die Laerskool Kragveld (Pullen’s Hope), die Hoërskool Hoogenhout (Bethal), die Hoërskool Kanonkop (Witbank) en die HTS Ligbron (Ermelo) het eergister by drie van Beeld se joernaliste geleer hoe om goeie onderhoude te voer, goeie berigte te skryf, interessanter foto’s te neem en hoe goeie koerantuitleg lyk.

Ná ’n nuuskonferensie met die denkbeeldige afrigter van die skool se eerste rugbyspan oor bewerings dat die hoofseun en kaptein dronk op die veld gegaan het, moes die leerlinge in groepe ’n regte koerantvoorblad maak met ’n berig oor die “skandaal”.

Die groep wat die beste koerant saamgestel het, was van die Gekombineerde Skool Hendrina. Hul Visioen het baie naby aan die ware Jakob gekom. Die groep van die Hoërskool Kriel het met die akkurate en goed geskryfde hoofberig in hul Spotlite24 die prys vir die beste berig losgeslaan.

Die beste inleidingsparagraaf X in Katarsis van die Hoërskool Kanonkop X het gelui: “Daar is gedrop, daar is geskop en saam is daar gedop.” – Marzanne van den Berg


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |