Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
||||||||||||||||||||||
|
Skootrekenaars kry nuwe skoolbase
Vier splinternuwe Mecer-skootrekenaars het pas nuwe huise gekry. Skoolkoerante van oor die hele Suid-Afrika het mekaar vanjaar die stryd aangesê om dié rekenaars in die Nasionale Skoolkoerantprojek (NSP) se jaarlikse skoolkoerantkompetisie te wen. Die wenners is: Beste laerskoolkoerant: Die Eseltjie van Laerskool Voschenk in Riversdal; Beste skoolkoerant met ’n begroting onder R10 000 per uitgawe: Voorwaarts van Hoërskool Bonnievale; Skoolkoerante met ’n begroting bo R10 000 per uitgawe: Stabilis van Grey Kollege; en Beste nuweling: The Boys Highlights van Pretoria Boys High, “Sjoe, ek is baie opgewonde,” was al wat Ashleigh Mey, redakteur van Die Eseltjie, kon uitkry toe sy hoor hul koerant is aangewys as beste laerskoolkoerant. Hoe sy die nuwe Mecer-skootrekenaar gaan gebruik, weet sy nog nie. Vir nou moet daar eers ’n party gereël word om die oorwinning te vier. Die Eseltjie is vanjaar vir die sewende keer aangewys as die beste laerskoolkoerant en is die tweede beste algehele skoolkoerant in die land met ’n gemiddelde van 90%. Volgens me. Haneloor Roothman, skakelonderwyser van Hoërskool Bonnievale, is NSP-sessies dié wenkoerant, Voorwaarts, se geheime wapen . “Die span is kreatief en werk laat nagte. Die nuwe rekenaar sal handig wees.” Voorwaarts (88,5%) is vir die tweede agtereenvolgende jaar aangewys as die beste skoolkoerant in Suid-Afrika met ’n begroting van minder as R10 000 per uitgawe. “Hierdie was beslis die mees mededingende kategorie met die eerste vyf plekke wat almal letterlik met ’n halfpunt verskil,” het mnr. Rikus van Rooy, NSP-koördineerder, gesê. Die Vrystaatse skool Grey Kollege se Stabilis spog met die algehele eerste plek en wen ook die kategorie vir skoolkoerante met ’n begroting van meer as R10 000 per uitgawe met ’n gemiddelde van 91%. The Boys Highlights van Pretoria Boys High het stof in die ander nuwelinge se oë geskop en dié kategorie maklik gewen met ’n 89%-gemiddelde wat ook aan hom die algehele derde plek in die land besorg het. Vir ’n volledige lys van die uitslae, besoek gerus www.csi24.co.za en www.mik.co.za.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|