Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Help dié kinderhuis, want hy wil geen jongeling daar wegwys
Sep 07 2008 06:46:24:013PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Sonja van Buul

Mieliepap en hoenderpootjies – dís al wat Finetown se kinderhuiskinders eet tensy barmhartiges help.

Twee susters wie se tante hulle aan ouer mans verkoop het vir seks, is onder die sowat 27 kinders wat daar woon. Finetown is ’n plakkerskamp digby Ennerdale, suid van Johannesburg.

“Die polisie het die twee susters, wie se ma spoorloos verdwyn het, hier aangebring,” vertel ds. Wessie Wessels van die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) Ennerdale.

“Meisies in Finetown van so jonk as 12 jaar se liggaampies word ‘verkoop’ vir R5 per dag, wat net ’n halwe brood op die tafel sit.”

Volgens Wessels is die Finetown-kinderhuis een van vele projekte wat hy, ds. Danny Bock, die VGK Ennerdale en ’n paar individue aangepak het.

“Sowat 70% van die gemeenskap is werkloos en werkendes, meestal huishulpe en mans wat ‘skroppies’ (los- werkies) doen, verdien karige salarisse.”

Dié barmhartigheidsdiens voorsien ook medisyne, noodhulpkissies en opleiding aan tuisversorgers, verbeter die lewensgehalte van vigslyers wat nie antiretrovirale medisyne kry nie met vitamien-aanvullings en bedien hospiespasiënte. Die VGK verskaf ook sop, kos en klere aan die Finetown-gemeenskap.

“Agt bewaarskole in die gebied het min of geen hulpmiddels nie. Ons kry geen staatshulp nie en maak staat op hulp van die gemeenskap,” sê Wessels. “Ons pak die projekte aan omdat ons nie ’n honger man, siek vrou of mishandelde kind aan hul lot kan oorlaat nie. Vertel my, hoe wys jy ’n kind weg?”

Die Finetown-kinderhuis se wenslys:

Kos en komberse

Bybels

Seep, Vaseline, Zambuk-salf, Dettol en tandepasta

Boeke

Bewaarskool-hulpmiddels soos speelgoed

Verf vir opknappingsdoeleindes

Bel Wessels by 082 826 2464.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |