Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Regslui maak reg vir oorlog
Sep 07 2008 06:46:22:437PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Philip de Bruin

Die land se 18 000 prokureurs moet “die lendene omgord en hulle voorberei op ’n lang en bitter oorlog” met die Padongelukkefonds (POF).

So waarsku die Law Society of South Africa (LSSA), die oorkoepelende beheerliggaam van prokureurs, in die jongste uitgawe van sy mondstuk, De Rebus.

In ’n besonder skerp hoofartikel teen die POF en veral mnr. Jacob Modise, die POF se uitvoerende hoof, sê De Rebus die LSSA sal tot die bitter einde ba-klei teen die POF oor die omstrede Wysigingswet op die Padongelukkefonds wat op 1 Augustus in werking gestel is.

Die wet het reeds tot ’n verbete stryd tussen die LSSA en die POF in die Kaapstadse hooggeregshof gelei.

Die uiteinde daarvan was ’n tussentydse interdik wat regter Jeanette Traverso, waarnemende regter-president, teen die POF toegestaan het.

Daarvolgens mag ’n bepaling in die wet nie in werking gestel word nie wat daarop neerkom dat die POF eisers regstreeks moet betaal en nie via hul prokureurs nie.

Daar is egter nog verskeie bepalings in die wet wat, volgens die prokureursberoep, tot ernstige nadeel van die publiek gaan wees. Die grondwetlikheid van dié artikels sal ook nog in die howe betwis word, sê De Rebus.

“So ’n hofgeding sal sonder twyfel, soos met die Kaapse interdik, desperate populistiese ingryping (van die POF se kant) uitlok – selfs in nog ’n erger graad.”

Wat Modise betref, sê De Rebus, hy het “baie na aan minagting van die hof gekom, indien hy nie inderdaad minagtend was nie, in sy kommentaar op Traverso se uitspraak”.

“Minagtend of nie, dit is om eerlik te wees skandelik dat ’n senior staatsamptenaar toegelaat word om weg te kom met sulke gedrag sonder dat dissiplinêr teen hom opgetree word.”

De Rebus sê verder die POF se “sakke is diep” en in toekomstige hofgedinge sal die fonds “duidelik nie huiwer om populistiese hulp in te span nie, ondanks die gevolge op die lang termyn”.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |