Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Kombuis dalk van haatspraak verkla oor bipolêr-blog
Die sanger Koos Kombuis se aanlyn-kommentaar oor sy omstrede stellings oor bipolariteit op LitNet verlede week kan op ’n haatspraakklag teen hom uitloop. Die Kaapse skrywer en oudpatoloog prof. Deon Knobel het gesê hy het by LitNet oor Kombuis se aanvanklike stellings gekla, maar die kommentaar het hom laat besluit om die Menseregtekommissie (MRK) oor ’n moontlike haatspraakklag te nader. Knobel het gesê hy en al vyf sy broers en susters, onder wie die wyle digter Wilhelm Knobel, is bipolêr. Die kommentaar, wat begin met “Beste Deon,” lui onder meer: “Sou iemand ’n tirade oor kinderverkragters skryf, sou dit beskou kan word as haatspraak teen pedofiele?” “Ek is woedend,” het Knobel bygevoeg. Hy wag op terugvoering van die MRK se regsafdeling om te hoor of die “vergelyking tussen pedofilie en bipolariteit” ’n menseregteskending is. Kombuis het die blog onttrek en ’n verskoning geplaas waarby kamma-familiefoto’s en Bybelverse geplaas is. In die oorspronklike blog het Kombuis geskryf hy is “gatvol vir ouens wat plein selfsugtig is en met handskoentjies aan behandel moet word omdat hulle kwansuis bipolêr is of ’n borderline personality het. “Al wat bipolêre mense nodig het, is ’n lang vakansie op ’n Bolandse plaas waar hulle kaalvoet in die str**t moet rondloop en koeie leer melk.” Kombuis het aan Beeld gesê die stellings was “miskien ’n bietjie impulsief”. Toe hy die aanvanklike blog geskryf het, het hy heimlik gehoop dit maak opslae. “Ek wou nie ’n persoonlike geveg begin nie, maar ek wou die vergrootglas op ’n issue plaas.” Kombuis vermoed al ’n geruime tyd daar is wanpraktyke met die diagnosering van bipolariteit en dat dit ’n geldmaakstreek geword het. “Skielik is elke outjie wat deurmekaar is, bipolêr. Dit het ’n nuwe buzz word geword.” Kombuis het gesê hy wil nie hê die gesprek oor die saak moet doodloop nie, maar hy wil nie hê dit moet ’n persoonlike geveg word nie. Hy voel sleg oor Knobel se klagte. “Ek ken hom nie, maar ek dink Deon (Knobel) is ’n nice ou. In die lig van sy broer dink ek ek het ek hom regtig seergemaak.” Kombuis het Anton Goosen ook in sy aanlyn-verskoning genoem. In ’n ander blog verlede week het hy geskryf Goosen sou kon publisiteit soek uit ’n vliegtuig-ongeluk. Kombuis het verwys na ’n noue ontkoming wat hy en ander in stormweer in ’n vliegtuig gehad het op pad terug van die Ghariep-fees. Goosen het gesê hy neem Kombuis nie eintlik ernstig op nie. Die bipolariteit-inskrywing, het hy gesê, getuig van swak smaak. “Bipolariteit is nie eintlik ’n grappie nie. Daar is verskeie groot name in die bedryf wat bipolêr is en dit is nie ’n keuse nie.”
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|