Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Talle onnies gekwel oor standaard van rekordeksamen
Verskeie onderwysers is bekommerd oor die standaard van die vraestelle wat matrikulante tot dusver in die rekordeksamen gekry het en die groot mate van ooreenkoms tussen dié vraestelle en die voorbeeldmateriaal wat die departement aan skole gestuur het. ’n Herrie het verlede week losgebars oor talle foute in die wiskundevraestel se memorandum. Dr. Gustav Niebuhr, kurrikulumkundige by die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU), het gesê die vakbond het verskeie oproepe van sy lede gekry wat ontsteld was oor hoe die memorandum gelyk het. Verkeerde beginsels en metodes is onder meer gebruik. Niebuhr het gesê as kundige onderwysers nie die probleme onder die SAOU se aandag gebring het nie, kon dit daartoe gelei het dat onkundiges voortgegaan het om die foutiewe memorandum te gebruik om leerlinge se antwoordstelle na te sien. Me. Penny Vinjevold, adjunk-direkteur-generaal vir verdere onderwys en opleiding in die nasionale departement, het gister gesê die vraestel en memorandum is deur die Gautengse departement opgestel en die probleme daarmee sal met hom opgeneem word. Sy het gesê die foute is onaanvaarbaar, maar ’n memorandum met die korrekte bewerkings is reeds na al die provinsies deurgestuur. Onderwysers moet dus seker maak dat hulle die nuwe memorandum kry. Niebuhr het gesê in die lig van die kommer wat verskeie onderwysers en hoofde oor die vraestelle vir die rekordeksamen uitgespreek het, is besluit om almal se kommentaar te kry sodat ’n verslag ná afloop van die eksamen aan die onderwysdepartement gestuur kan word. Onderwysers het die afgelope week gekla dat die vraestel vir wiskundige geletterdheid “onaanvaarbaar maklik” was. Met verwysing na klagtes oor die groot mate van ooreenkoms wat daar is tussen vraestelle en voorbeeldmateriaal wat deur die departement uitgestuur is, het Niebuhr gewaarsku dat dit kan lei tot eksamenafrigting, te hoë punte en vals persepsies oor leerlinge se insig in die werk. “Dit kan voorts meebring dat leerlinge oënskynlik goed vaar, maar nie aan die eise wat op universiteitsvlak gestel word, sal kan voldoen nie.” Vanjaar se gr. 12-leerlinge is die eerste groep wat die nuwe uitkomsgerigte matriekeksamen skryf.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|