Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Graf met vullis bemors
Sep 08 2008 09:22:05:177AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Norman Silke

Norman Silke

Port Elizabet. - "Ons sukkel om sy dood te aanvaar en elke keer as hulle sy graf so verniel, wil ek net my kop toetrek en slaap."

Die hartseer is nog duidelik hoorbaar in die stem van me. Lorraine Linde wanneer sy oor die dood van haar 19-jarige seun praat.

Mnr. Evert Linde is op 30 Mei in 'n motorongeluk op die R75 buite Uitenhage dood. Hy is in die Jubilee-begraafplaas buite die dorp begrawe.

Me. Linde en haar eksman, mnr. Louis Linde, sukkel egter die afgelope drie maande met munisipale grafgrawers wat glo geen respek vir hul seun se laaste rusplek toon nie. Die sand en grond van grafte wat nuut gegrawe word, beland blykbaar gereeld op Evert se graf.

Verlede week het mnr. Linde met 'n skok gesien dié graf is weer met rommel toegegooi.

"Dit is die derde keer dat dit gebeur. Hulle gooi net sy blom?me eenkant toe en ek het al selfs hoenderbene op sy graf opgetel," het hy gesê.

Die eerste keer het die familie self ingespring en die graf skoongemaak, maar die tweede keer het die bedroefde pa die ?metro gebel. "Hulle het hand en mond belowe dit sal nie weer gebeur nie en alles skoongemaak, maar nou gebeur dit weer."

Evert se graf het nog geen grafsteen nie aangesien dit glo eers ses maande ná sy begrafnis, wanneer die graf gesak het, gedoen kan word. Volgens mnr. Linde sou dít ook nie 'n verskil gemaak het nie.

"Daar is grafte wat pragtig opgemaak is en dieselfde behandeling van die grafgrawers kry.

"Die munisipaliteit verstaan nie die pyn waardeur ons gaan nie en steur hulle blykbaar nie aan ons nie."

Mnr. Lourens Schoeman, munisipale woordvoerder, het gesê hy sal die saak ondersoek.

Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |