Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
||||||||||||||||||||||
|
Rose laat hom vinnig herstel, sê kweker
Om weer na sy rose te kyk, laat hom vinniger herstel as om in die hospitaalbed of by die huis te wees. So het ’n glimlaggende mnr. Ludwig Taschner (66), bekende Pretoriase rooskweker, gister gesê nadat hy onlangs in ’n huisrooftog in albei arms geskiet is. Hy is ’n paar dae gelede uit die hospitaal ontslaan. Taschner is onlangs in sy slaapkamer in sy huis by Haakdoringlaagte, noordoos van Pretoria, deur twee rowers oorval. Hulle het hom met ’n vuurwapen teen die bors geslaan en sy longe het platgeval. Taschner het gesê in die hospitaal kon hy nie wag om weer met die koningin van blomme herenig te word nie. Hoewel hy nou eers uit die hospitaal ontslaan is, gaan hy nie rus nie. Om na sy rose te kyk maak hom weer so gelukkig soos ’n vis in die water. Taschner het al rose na onder andere Mimi Coertse, oudpres. Nelson Mandela, die kruieghoeroe Margaret Roberts en die sangeres Rina Hugo vernoem.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|