Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Dodelike 'rusie oor geslagsdeel-grootte'
Durban. – ’n Opmerking oor die grootte van iemand se geslagsdeel in ’n kroeg hier het blykbaar tot ’n rusie en skietery aanleiding gegee waarin drie mense dood en twee ernstig beseer is. Die polisie het vyf mans in hegtenis geneem en op twee vuurwapens beslag gelê ná die skietery eergister omstreeks 21:00 by die Merseyside Pub & Tavern in die Queensmead-winkelsentrum in Umbilo. Supt. Muzi Mngomezulu, polisiewoordvoerder, het gesê die rede vir die skietery word nog ondersoek en kon nie berigte bevestig dat dit ’n opmerking in ’n toilet is wat tot die treurspel aanleiding gegee het nie. Volgens Mngomezulu het twee Indiërs ’n argument met die slagoffers in die kroeg gehad. Die mans het toe die kroeg verlaat en met vuurwapens teruggekom en op die slagoffers geskiet. Vyf mense van die Phoenix-omgewing is in die vroeë oggendure in hegtenis geneem, het Mngomezulu gesê. Hulle sal eersdaags in die landdroshof in Durban verskyn op aanklagte van moord en poging tot moord. Toe paramedici eergisteraand by die kroeg opgedaag het, was een van die slagoffers reeds dood en was nooddienswerkers se pogings om nog twee se lewe te red vergeefs, het mnr. Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê. ’n Netcare-paramedikus het gehoor omstanders praat van ’n penis. Die rusie het blykbaar ontstaan nadat ’n Indiër-man glo in die toilet ’n opmerking gemaak het oor die grootte van die penis van die klant wat langs hom gestaan het. Volgens Sapa het ’n polisiebeampte, wat anoniem wou bly, gesê die Indiërman het glo gesê sý penis is groter as die wit man s’n. “Die wit man het die toilet verlaat en sy vriende vertel wat gebeur het en dis toe dat die rusie ontstaan het,” het die polisiebeampte gesê. Vulgêre opmerkings is glo oor en weer gemaak, waarna die aanvallers die kroeg verlaat en met vuurwapens teruggekom het. Die oorledenes is mnre. Shaun Strydom (30), Nic van Rensburg (55) en Rory Menzes (40). Mnre. Shaun Edwards (30) en Bruce Edwards (55) is ernstig beseer. Die kroeg se bestuur kon nie vir kommentaar opgespoor word nie.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|