Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Wallieser sterf ná: ‘Moenie seermaak’
Sep 12 2008 09:24:50:887PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
'n Polisieman staan gister by die venster van die babakamer waardeur die moordenaars van 'n Walliese man ingekom het. Liam (10 maande) se bababedjie kan in die venster gesien word. Foto: Theana Calitz
Fanie van Rooyen


’N Tweede buitelander is binne ’n week in Pretoria deur huisrowers doodgeskiet. Dié keer is ’n Wallieser met ’n enkele skoot in die bors doodgeskiet toe hy by ’n terminaal siek familielid kom kuier het.

Mnr. Stephen Peters (52) en sy vrou, Anne (49), van Cardiff het sowat ’n week gelede in Suid-Afrika aangekom om by haar skoonsuster, wat terminale kanker het, te wees.

“Ek kan dit nog steeds nie glo nie – ek is nog in skok,” het mev. Siobhan Forman (29), die skoonsuster se dogter, gesê.

Die egpaar het by haar huis in Elarduspark tuisgegaan. Die moordenaars het by haar 10 maande oue seuntjie, Liam, se kamervenster ingekom.

“My ma is besig om dood te gaan en nou is my tannie se man in my eie huis voor my doodgeskiet – en dít vir ’n paar selfone en ’n motor.”

Drie gewapende rowers het omstreeks 03:40 vermoedelik van die R21-hoofweg se kant oor die tuinmuur geklim en daarna die tralies van die babakamer se venster geknip en omgebuig, het dir. André Wiese, stasiebevelvoerder van Lyttelton-polisiekantoor, gesê

Forman het gesê sy het wakker geword toe sy iemand aan die venster in die babakamer hoor karring.

“Die volgende oomblik het drie mans by die slaapkamer ingestap.

“Ek wou skree, maar een van hulle het sy vingers in my mond gedruk en gewys ek moet stil bly.

“Hulle het vir Anne en Stephen gaan haal en ons al drie op die bed van die hoofslaapkamer laat sit,” het sy vertel.

“Een van die rowers het Liam in die babakamer gaan haal en vir my gebring toe hy begin huil het.

“Stephen het opgestaan en vir die rowers gesê hulle kan enigiets in die huis vat en hulle gevra om ons nie seer te maak nie.

“Toe skiet die rower hom in die bors.”

Die rowers het die vroue met skoenveters vasgebind.

“Hulle het kort daarna met slegs ons selfone in ons Mercedes geklim en weggejaag. Ek en Anne het na die badkamer gekruip en onsself met ’n naelknippertjie en naelskêrtjie losgesny.”

Forman se man, David, was ten tyde van die aanval in Johannesburg. “Ons is verpletter,” het hy gesê. “Hierna sal ons waarskynlik ook Wallis toe trek.

“Dit stel Suid-Afrika in ’n baie slegte lig en ons ander familie in Wallis, wat beplan het om vir die Wêreldbeker-sokkertoernooi te kom kuier, sal nou nie meer kom nie.”

Die Mercedes-Benz is kort ná die voorval verlate in Mamelodi opgespoor.

“Ons is oortuig dié drie rowers kan met ten minste twee ander soortgelyke voorvalle verbind word en dat ons hulle spoedig sal kan aankeer,” het Wiese gesê.

  • Mnr. Chris Theunis (44) is Saterdag net ná middernag in Equestria doodgeskiet nadat hy uit België gekom het vir sy seun se 18de verjaarsdag.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |