Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Koos Kombuis sê hy pak Angus Buchan dalk uit jaloesie oor hoed
Sep 16 2008 09:09:10:117PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Sanri van Wyk

Die sanger Koos Kombuis se omstrede aanlynpen is vir eers klaar met bipolariteit.

Die prediker Angus Buchan is nou in sy visier.

Kombuis het Donderdag op sy Engelse blog (www.kooskombuis.co.za) onder die opskrif “As ek God was, sou ek regstappe teen Buchan gedoen het” ’n “gesprek” tussen God en Buchan op die vooraand van Buchan se Nuweland-optrede geskryf.

Hierin sê “God” byvoorbeeld aan Buchan Hy het aan die begin regtig van hom gehou, maar Buchan het later goed begin sê wat Hom ongemaklik gemaak het, soos dat die Dalai Lama hel toe gaan en dat vroue aan hul mans onderdanig moet wees.

Die blog word afgesluit waar “God” aan Buchan sê: “Gaan net terug na jou plaas toe, Angus, en gaan kyk na jou aartappels. Ek sal baie veiliger voel as jy dit doen.”

Kombuis het gister aan Beeld gesê: “My kommentare op Angus is redelik tong in die kies.

“Ek dink ek het dit dalk gemaak omdat ek jaloers is op sy hoed. En omdat hy die enigste man is wat ek ken wat dink hy kan sy eie vrou regeer.”

Me. Bianca Ortmann, Buchan se woordvoerder, het gesê hy kon nie vir kommentaar bereik word nie.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |