Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Dreigbrief aan juffrou: ‘Gaan na ’n wit skool’
’n Onderwyseres van ’n townshipskool aan die Wes-Rand het die Gautengse onderwysdepartement se hulp ingeroep nadat sy in ’n dreigbrief aangeraai is om eerder by ’n “wit skool” te gaan werk. Die onderwyseres, wat uit vrees anoniem wil bly en ook nie die skool wil identifiseer nie, het aan Beeld gesê sy is deesdae te bang om na-uurs by die skool te wees. Sy werk al nege jaar lank by die skool. Sy het die dreigbrief sowat twee maande gelede onder die onderwysdepartement se aandag gebring, maar tot op hede glo nog geen antwoord van hulle gekry oor die ondersoek nie. “Ek is bang om hier te werk. Ek is die enigste wit onderwyseres hier oor. Van die onderwysers het my al gewaarsku dat my motor dalk beskadig kan word as ek gaan kla. Ek voel nie meer veilig nie.” Dit is in dié stadium nie duidelik wie agter die brief sit nie. Die onderwysdepartement het by navraag bevestig ’n taakspan het die skool verlede maand besoek ná ’n anonieme brief waarin op rassisme gesinspeel is. Luidens ’n verklaring het die taakspan die skool oor die “inhoud” van die brief toegespreek. Die voorsitter van die beheerliggaam was ook teenwoordig. “Die taakspan het diversiteit, verdraagsaamheid en wedersydse respek beklemtoon. “Dit is ook gedoen teen die agtergrond van vroeëre xenofobiese aanvalle wat die land geruk het.” Die departement het gesê die saak is ook na die arbeidseenheid van die betrokke onderwysdistrik vir verdere ondersoek verwys. Die span het voorgestel dat die skoolpersoneel ’n slypskool bywoon wat teen vooroordeel gemik is.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|