Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Rowers slaan, steek bloeier
Sep 18 2008 07:47:35:920PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. Frans van Tonder van Pretoria-Noord sterk in die Akasia-hospitaal aan nadat hy tydens 'n rooftog in sy bed aangeval is. Foto: Herman Verwey
Virginia Keppler

’n Man van Pretoria-Noord wat ’n bloeier is, het gedink hy gaan hom doodbloei toe hy eergister omstreeks 02:30 in sy bed deur betreders aangeval en onder meer met ’n mes gesteek is.

Mnr. Frans van Tonder (52) se skedel is stukkend geslaan en hy het bloeding op die brein nadat drie gewapende inbrekers hom met ’n staalpyp geslaan het.

Sy aanvallers het hom ook in die bors, kop, arms en hande gesteek.

“Ek het nooit gedink so iets sal met my gebeur nie. Maar hule het ingekom ten spyte van die 6 voet-heining om my erf en al die veiligheidshekke en deure,” het Van Tonder gister in sy bed by die Akasia-hospitaal in Pretoria gesê.

Hy het gelê en slaap toe die aanvallers by sy huis ingekom het. Van Tonder, ’n werknemer van SAB Miller, het gesê dit is onduidelik hoe hulle ingekom het, want daar is geen tekens van inbraak nie en hy weet hy het nie sy deure oopgelos nie.

“Die volgende oomblik het hulle bo op my bed en op my gespring en met ’n staalpyp begin slaan. Hulle het my met ’n mes in die bors, kop, hande en arms gesteek, maar ek het teruggebaklei,” het hy gesê.

“Ek dink ek moes hard geskreeu het, want die lawaai het die paartjie wat in ’n woonstel op my erf woon, wakker gemaak en hulle het opgespring om my te kom help.

“Dié lot (aanvallers) het toe my beursie en ’n paar goed gesteel en gevlug.”

Volgens Van Tonder het die paartjie dadelik die polisie en die ambulansdiens gebel.

Hy het verskriklik gebloei. “My mat in die kamer wat spierwit was, is nou deurdrenk met bloed. My bed is ook vol bloed.”

Die hospitaal het gesê sy bloedtelling is normaal en hy sterk goed aan.

Van Tonder sê hy slaap gewoonlik met sy vuurwapen onder sy kussing, maar die laaste tyd sluit hy dit in sy kluis toe. “Ek is eintlik bly ek het dit toegesluit, want dalk sou hulle my bewusteloos geslaan het en my wapens gesteel het of my daarmee geskiet het,” het hy gesê.

Mev. Christine Guy van Rustenburg, Van Tonder se suster, het gesê die polisie het glo eers om 07:00 by haar broer se huis opgedaag. Sy het gesê toe sy die huis gister besoek het, het sy ’n tuinskêr onder haar broer se badkamermat gekry wat die polisie misgekyk het.

“Dit is skokkend,” het sy gesê.

Kapt. Lucas Sithole, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie ondersoek die voorval.

Hy het bygevoeg dat die polisie die bewering dat hulle nie gou genoeg gereageer het nie, in ’n ernstige lig beskou en dat dit ondersoek word.

Guy het gesê die aanval op haar broer is die tweede terugslag wat hul familie vanjaar tref. Haar dogter, Ro-chelle (19), het onlangs erge bors- en rugbeserings in ’n ongeluk opgedoen. “Sy ontvang fisioterapie om weer te leer loop,” het Guy gesê.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |