Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Rower sit 15 jaar ná aanvalle by lughawe
Een van die eerste rowers wat weens ’n reeks gewapende aanvalle op toeriste op pad van die O.R. Tambo-lughawe af skuldig bevind is, is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis. Dominic Sebanda (34) is in die Wynbergse landdroshof in Johannesburg op twee aanklagte van roof met verswarende omstandighede skuldig bevind nadat hy in November verlede jaar by twee rooftogte betrokke was. Hy is Vrydag 15 jaar vir elke aanklag teen hom gevonnis en sal dit gelyklopend uitdien. Intussen verskyn nog verdagtes ook binnekort in die hof. Mnre. Thomsana Mkhize en Dumisani Moyo sal na verwagting op 18 November in die Wynbergse landdroshof verskyn weens die aanval in Mei verlede jaar op ’n Angolees op pad van die lughawe af. Op 13 Oktober sal mnre. Thabo Thomson Mamadi, Sibusiso Vincent Mkhize, Nthabiseng Shakes Sibula, Benson Khalushi en Thuso Joseph Mafela ook almal na verwagting weens soortgelyke aanvalle in die Johannesburgse landdroshof verskyn. Die aanklagte teen hulle is roof met verswarende omstandighede, sowel as die onwettige besit van ’n vuurwapen. Mamadi, Mkhize, Sibula en Khalushi staan ook tereg op aanklagte van moord en roof met verswarende omstandighede nadat mnr. Edward Olisah (37) doodgeskiet en beroof is. Hul verhoor sal na verwagting in April volgende jaar begin. – Magdel Fourie
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|