Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Rowers val gaste by lodge aan, verkrag twee vroue
Sep 23 2008 10:00:51:350PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. Geof Maud wys waar gewapende rowers 'n elektriese koord afgesny het om ses gaste wat die naweek by die Hippo Lodge gebly het mee vas te bind. Foto: Mario van de Wall
Francois Oosthuizen


francois.oosthuizen@beeld.com

Ses gewapende rowers het Saterdagaand ses gaste by die Hippo Lodge in die Wieg van die Mensdom by Muldersdrift aangehou en twee vroue verkrag.

“Ons woon al 13 jaar hier en dit is die eerste keer dat so iets hier gebeur,” het mnr. Geof Maud, eienaar van die Hippo Lodge, gister gesê.

Die ses familielede, van wie die dogter en haar man in Engeland woon en die lodge vanjaar ’n tweede keer besoek het, het in hul chalet gekuier toe een van die rowers ’n vuurwapen deur die venster gedruk het. ’n Ander een het die voordeur met ’n baksteen oopgebreek.

“Die rowers het . . . die mans vasgebind en toe selfone en juweliersware gebuit. Net een van die rowers het die vrou en haar pa se vriendin verkrag.”

Maud was nog baie emosioneel ná die voorval en het gesê hy kon die afgelope twee nagte nie slaap nie.

“Dink net waardeur moet die slagoffers gaan.”

Hy het gesê hy weet nie hoe die rowers die perseel binnegekom het nie omdat dit met ’n geëlektrifiseerde heining en alarms toegerus is.

Volgens insp. Tebogo Kgomo, polisiewoordvoerder, het die polisie eergister die gesteelde Nissan Tiida waarin die rowers gevlug het, in die Diepsloot- informele nedersetting gekry. “Geen van die gesteelde items is teruggevind nie en niemand is nog in hegtenis geneem nie.”

Dié voorval volg op die moord op mnr. Franz Richter, eienaar van die nabygeleë Heia Safari Ranch, in November verlede jaar.

Die polisie in die omgewing het nou die Trio-taakspan op die been gebring om huisbrake, inbrake by sakeondernemings en kapings hok te slaan.

Kgomo het gesê ondersoekbeamptes van die Florida-, Roodepoort-, Muldersdrift-, Honeydew-, Randburg- en Douglasdale-polisiekantoor gaan kragte saamspan om dié soort misdaad hok te slaan.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |