Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
||||||||||||||||||||||
|
‘Ek het op dier gespring, hom om nek beetgekry . . .’
Eers oorleef hy die Tweede Wêreldoorlog, drie jaar gelede ’n genadelose aanranding tydens ’n rooftog op sy plaas en eergister ’n aanval van ’n verwoede luiperd. En gister lê die borrelende mnr. Logan Estement (84) in sy hospitaalbed by Nelspruit Medi-Clinic en vertel hoe hy dié drie groot gebeurtenisse oorleef het: Die oorlog waar hy op die front in Noord-Afrika teen Rommel geveg het nadat hy oor sy ouderdom gelieg het om toegelaat te word; die plaasaanval by Waterval-Boven wat hom in die hospitaal laat beland het toe drie booswigte hom met onder meer ’n skroewedraaier aangeval het en nou die luiperdaanval. Estement het diep skraapwonde aan sy arms en bors opgedoen en twee ribbes gebreek toe die luiperd hom Maandagoggend in Marlothpark aangeval het. Die aanval het gebeur toe hy mev. Joey Labuschagne (54), ’n jare lange vriendin van hom en sy vrou, te hulp gesnel het toe sy omstreeks 10:00 by haar huis deur die luiperd aangeval is. “Ons het gou by die huis stilgehou om badkamer toe te gaan. Ek het om die huis geloop en (my) trompop teen die luiperd vasgeloop!” Hy het besef hy moes vinnig terugkom by die motor, waar sy vrou, Sheila (68), nog gesit het. “Ék het my boeglam geskrik toe ek sien Joey het ook reeds uit die motor geklim.” Die luiperd het hom platgespring om Labuschagne by te kom. Die dier het haar aan die arm gebyt. “Ek het op die dier gespring, hom om die nek beetgekry en met die vuiste gedônner sodat hy haar moes los,” vertel hy.In ’n stadium het die luiperd haar laat los en Estement aangeval. Hy het op sy rug beland met die luiperd wat oor hom gestaan en grom het. “Ek het gelukkig swaar skoene aangehad en hom herhaaldelik in die gesig geskop en met die vuis geslaan.” Die dier het laat los en in ’n hoek langs die huis gaan skuil. Estement sê die dier was hoogs geïrriteerd, waarskynlik omdat hordes mense wat voor die aanval daar saamgedrom het, dit gepla het. Veeartse het die dier later verdoof en na Skukuza geneem waar dit later van kant gemaak is. Brandsiekte (mange – ’n soort velekseem) is by die luiperd gediagnoseer. Mev. Labuschagne wou nie gister self met Beeld oor die voorval praat nie. Sy het wel deur mev. Robyn Baard, hospitaalwoordvoerder, ontken dat sy aangeval is toe sy aan die dier probeer vat het.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|