Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
'Geskiet om dood te skiet'
Hulle het tuinstoele teen die kamervensters gesit, op die stoele gestaan en toe “geskiet om dood te skiet”. Mnr. Johan Erasmus (51) het gisteroggend omstreeks 03:00 wakker geword van ’n geskietery en vensters wat breek by sy huis op Plaas Minnaar by Bye-nespoort in die Cullinan-omgewing. Die aanvallers het by sy en sy vrou, Gina (48), en hul dogter Ronel (25) se kamers in geskiet. Ronel is in die been gewond. Erasmus se ander dogter, Lucille (23), seun, Johan (14), en mnr. Braam Malan (25), Ronel se vriend, was ook in die huis. “Ek het net vir almal in die huis geskree om weg van die vensters te kom en op die vloer te lê,” het Erasmus gesê. “Sonder om te dink, het ek deur die kamervenster op hulle teruggeskiet en hulle het gevlug. “Hulle het so nege skote in my dogter se kamer afgevuur en vier of vyf skote in my kamer. “As ek nie dadelik teruggeskiet het nie, kon dit lelik geraak het en was ons miskien vandag nie meer hier nie. “Hulle het geskiet om dood te skiet.” Volgens Erasmus is daar ’n 2,4 m hoë geëlektrifiseerde heining om sy erf, wat die aanvallers geknip het om in te kom. Die vensters aan die voorkant van die huis is almal stukkend geskiet. Erasmus het gesê hulle kon nie sien hoeveel aanvallers daar was nie. Al wat Ronel gesien het, was ’n swart hand. Sy moes gister ’n operasie aan haar been in ’n Pretoriase hospitaal ondergaan. “ ’n Mens weet nie lekker wat om te doen nie,” het Erasmus gesê. “Jy koester maar wraakgedagtes.” Mnr. Johannes Jaftha, polisiewoordvoerder, het gesê drie mans, onderskeidelik 19, 24 en 28 jaar oud, is sowat ’n uur ná die voorval in hegtenis geneem. Huisbraakgereedskap is in hul besit gevind. Volgens Jaftha word hulle voorlopig vir ondervraging aangehou, maar is hulle nog nie formeel aangekla nie. Die verdagtes kan dalk met ander huisbrake in die omgewing verbind word, het Jaftha gesê.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|