Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

ANC-jeugliga sê hul sal moor om universiteit te kry
Oct 01 2008 08:49:33:873PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Buks Viljoen

Die ANC-jeugliga (ANCYL) in Mpumalanga sal “moor” in hul strewe om ’n universiteit in die provinsie te kry.

“Ons is gereed om enigiemand, enige kakkerlak, wat in ons pad gaan staan, te vermoor,” het mnr. Isaac Mahlangu, provinsiale sekretaris van die party, gister gesê.

Hy sê hul eie navorsing oor die wenslikheid van ’n universiteit is byna klaar en hulle het verskeie planne om hul doelwit te bereik.

Mahlangu het ’n dwarsklap na die Nasionale Instituut vir Hoër Onderwys in Mpumalanga gemik.

“Hul teenwoordigheid speel dieselfde rol as ’n kondoom. Dit verhoed enige vrugbare en progressiewe ontwikkeling.”

Mpumalanga spook al byna tien jaar om ’n universiteit op die been te bring. Hoop het sowat twee jaar gelede opgevlam toe premier Thabang Makwetla aangekondig het planne om ’n eie universiteit te kry, het ver gevorder.

Op die nuuskonferensie gister het die jeugleiers dit duidelik gemaak Makwetla moet gou sy premierskap verloor.

Mnr. David “DD” Mabuza het Makwetla twee maande gelede in die stryd om die provinsiale ANC-voorsitterskap verslaan.

“Hy (Makwetla) behoort soos sy eweknie in Gauteng die eerbare ding te doen en te bedank,” het Mahlangu gesê.

Mahlangu het selfs in ’n stadium gesê “Premier DD” moet onmiddellik ’n nuwe kabinet vir die provinsie aanstel.

Makwetla het gister na Mosambiek vertrek waar hy samewerkingsooreenkomste met dié land se regering gaan onderteken het.

Nie hy of sy woordvoerders was vir kommentaar beskikbaar nie.

’n Woordvoerder van die instituut kon ook nie vir kommentaar opgespoor word nie.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |