Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Bylhou, toe ure langs haar ma se lyk
Oct 01 2008 09:30:50:187PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. Danie Pienaar op die moordtoneel. Foto: Sonja van Buul
Sonja van Buul

Vereeniging. – ’n Jong vrou het etlike ure hulpeloos in ’n plas bloed langs haar vermoorde ma se lyk om haar lewe gelê en veg nadat ’n rower hulle met vermoedelik ’n byl aangeval het.

Die lyk van Heila (41), me. Charmaine Pienaar (18) se ma, het ’n paar meter van die erg gewonde meisie gelê toe haar pa, Danie (42) en haar broer, Frikkie (21), op dié grusame toneel afgekom het.

Die vroue was alleen by Great Yard Scrap Metals, die gesin se skroothandel-onderneming, in Waldrift, toe hulle aangeval en van R2 000 beroof is.

Pienaar sr. en Frikkie was gisteroggend ten tye van die voorval in Brakpan om skroot te verkoop, toe hy vermoed het dat alles nie reg is tuis nie.

“My swaer het verskeie kere probeer om Charmaine te bel, maar sy het nie geantwoord nie,” het mnr. Marius Vosloo van Meyerton, ’n woordvoerder van die Pienaar-gesin, gesê.

Netcare 911-nooddienste, wat die noodoproep net ná 15:00 ontvang het, het Charmaine na die Vereeniging- Medi-Clinic geneem, waar sy volgens mnr. Mark Stokoe, woordvoerder van Netcare 911, in ’n ernstige, maar stabiele toestand is.

Sy het ’n skedelfraktuur in die aanval opgedoen.

Vosloo het gesê Charmaine het vermoedelik in die hospitaal aan sy seun, Wiekus, gesê sy weet wie die aanvaller is.

Volgens kapt Shadow Mashobane, ’n polisiewoordvoerder, het die aanvaller vermoedelik doringdraad op ’n beton-heiningmuur geknip en so toegang tot die skrootwerf verkry.

“Die aanval het waarskynlik tussen 09:00 en 12:00 plaasgevind,” het hy gesê.

Die polisie ondersoek die moontlikheid dat ’n geskeurde baadjie, wat in die veld agter die skrootwerf gevind is, aan die aanvaller behoort.

Daar was geen teken van die byl op die moordtoneel of in die omgewing nie.

“Dis ’n verskriklike ding wat hier gebeur het,” het mnr. Bertie Pretorius, ’n familievriend, gister gesê.

Volgens hom was Heila ’n “klein, fyn vroutjie”.

“Hoekom het die aanvaller nie maar net die geld geroof en homself uit die voete gemaak nie?”

Mnr. Pienaar was te geskok om met Beeld te praat.

Niemand is nog in verband met die voorval gearresteer nie.

Insp. André Joubert van die Vaalrandse honde-eenheid en sy hond, Boras, het die toneel gefynkam vir moontlike leidrade.

Die hond, wat opgelei is om verdagtes uit te ken aan liggaamsvloeistowwe, kon nie die verdagte se spoor kry nie.

Die voetpaadjie in die veld agter die onderneming, waar die baadjie gekry is, word deur baie mense gebruik, wat waarskynlik die hond se taak bemoeilik het, het ’n polisielid op die toneel gesê.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |