Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

‘Godslaster hoort nie in ’n kerksaal’
Oct 01 2008 09:30:48:513PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Elise Tempelhoff en Jan-Jan Joubert

‘Ons is Doppers. Dis godslasterlik en so ’n stuk hoort nie in ’n kerksaal nie.”

So het twee ontstelde vroue gister geskree toe hulle uit ’n opvoering van die toneelstuk Markus 16 op die Aardklop-kunstefees gestap het.

Hulle het op ds. Johan Raubenheimer, leraar by die NG kerk Potchefstroom-Noord, afgestorm en beswaar gemaak.

Volgens mnr. De Waal van Heerden van Potchefstroom het die twee vroue vyf minute nadat die stuk begin het, uitgestorm.

James Borthwick, wat die rol van Markus Malan vertolk, het gesê: “God het ’n sin vir humor.” Die vroue het agtertoe gestorm, by die deur omgedraai en geskree: “Dis godslasterlik.”

Soos die toeval dit wou hê, het Borthwick met die teks voortgegaan: “Ja, julle bliksems . . .” het hy gesê.

Die vroue is daar uit en het in ’n “diep gesprek” met Raubenheimer getree.

Raubenheimer het gesê hy het aan die vroue probeer verduidelik dat as hulle die “eerste vyf minute van die stuk sou deursit”, hulle moontlik die konteks sou verstaan en dan anders sou reageer.

“Die stuk handel oor iemand wat ’n rowwe lewe gehad en toe bekeer geraak het. Dis ’n wonderlike storie. Die bekeerde vertel hoe hy by ’n kruispad gekom het. Hoe kan ’n mens die bekeerde se verhaal verstaan as jy niks weet van sy vorige lewe nie?” wou hy weet.

Die regisseur, Andries Vrey, sê die bedoeling was allermins om aanstoot te gee.

Die titel was nie oorspronklik Bybels nie. “Die titel het ontstaan toe die skrywer Harry Kalmer my vertel het van ’n ou met die nommerplaat Gert 14. Toe het ek iets gesoek met ’n Bybelse verwysing.

“Die probleem was nie dat die twee vroue uitgeloop het nie. Dit was dat hulle dit so luidkeels gedoen het. Dit was baie ontwrigtend vir die akteur,” het Vrey gesê.

“Ek het regtig probeer om voorsorg te tref daarteen om aanstoot te gee, maar mens kan jou seker nooit heeltemal verskans nie. Ek en James is baie gevoelig daarvoor.

“Dis jammer hulle kan mens nie ontmoet sodat mens kan hoor wat hulle ontstel het en vir hulle kan verduidelik nie. Mens sou graag vir hulle die teks wou gee sodat hulle kan sien wat hulle gemis het.”

Me. Sunet van der Merwe, feeswoordvoerder, het gesê twee mense het by die Aardklop-kantoor gekla dat hulle ’n ander soort vertoning verwag het ná die programnotas wat hulle in die feesgids gelees het.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |