Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Krige-niggie ‘laggende self’ 6 dae voor dood
aapienaar@beeld.com Die foto is skaars ses dae voor haar dood geneem, maar dit is ’n toonbeeld van lewensvreugde. “Nou kan jy sien hoekom ons familie so hartseer is,” het die oudrugbyspeler Corné Krige vandeesweek gesê oor ’n foto van sy niggie, me. Cecilia van Deventer, wat hy aan Beeld gestuur het. Van Deventer (36) van Zambië wat op 14 September in die Morningside Medi-Clinic aan ’n onbekende soort hemoragiese koors dood is, is by ’n troue afgeneem. Sy was haar laggende self soos almal haar geken het. Krige was in Lusaka vir haar begrafnis ’n paar weke gelede. “Sy was so twee jaar ouer as ek. Ons was saam in die Paarl op skool; sy in La Rochelle en ons in die Hoër Jongenskool.” Gister is mnr. Hannes Els (33), die paramedikus wat Van Deventer op die lugambulans uit Zambië na Morningside vergesel het, ook begrawe. Sy familie sien nog nie kans om met die media te praat nie. Hy is op 2 Oktober dood nadat hy vermoedelik die hemoragiese koors aangesteek het. Me. Gladys Mthembu (34) is verlede naweek dood nadat sy vermoedelik ook in die kliniek by Van Deventer aangesteek het. Die nasionale instituut vir oordraagbare siektes (Nios) wag nog op toetsuitslae van die VSA se sentrums vir siektebeheer in Atlanta nadat hul eie toetse niks met Els en Mthembu se bloedmonsters kon vasstel nie. Mnr. Gregory Hartl, woordvoerder van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO), het gister aan Sapa-AP gesê hulle hoop om teen môre toetsuitslae te sien.
|
||||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|