Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Rommel en rotte = sonde met die bure
Rotte, sandhope, derduisende sakke en plastiek- en glasbottels wat tot by die dak opgestapel is. Dit is maar net ván die oorsake van mnr. Julius Smuts (65) se sonde met sy buurman. “Dis ’n nes in die tuin hier langsaan. Die rotte krioel en as ons weer sien, is hulle in ons spens. Hulle het al selfs aan ons tafeldoek begin vreet,” het Smuts van Westdene, Johannesburg, gister aan Beeld gesê. “Die departement van gesondheid, die DBV (Dierebeskermingsvereniging) en pesbeheer was al almal hier. Elke keer beloof hy om skoon te maak, maar dit gebeur nie. “Sy huis het ook nie elektrisiteit nie. As daar ’n brand ontstaan weens ’n kers wat omval, gaan dit chaos wees.” Die buurman, mnr. Herman Sondorp (70), het gesê hy loop in die dag die stad vol om die bottels en stukke hout op te tel. “Ek het nie geld nie en verkoop dit vir ’n ekstra inkomste. Die glasbottels skenk ek aan ’n skool vir blindes, wat dit verkoop.” Volgens Sondorp was hy vroeër ’n wetenskaplike by die Wetenskaplike en Nywerheidnavorsingsraad (WNNR). “Ek werk steeds aan twee teorië – onder meer om energie uit materie te haal – en gebruik van die geld wat ek maak om boeke te koop.” Sondorp het gesê dat hy “so gou moontlik” van die rommel ontslae sal raak en rotgif sal uitsit. “Maar dit sal seker ’n rukkie neem voordat alles weg is.” Volgens Smuts word hul alarm gereeld snags geaktiveer weens die rotte se geskarrel in die huis. “Valletjies help nie meer nie; daar is net te veel van die goed. Ek wil nie eens dink hoeveel daar op die erf is nie. “As ons buite braai, sien ons hoe hulle op die muur hardloop. Hulle het al ons koekies in die spens begin vreet.”
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|