Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Verdagte dalk by nog moorde betrek
Die man wat gister weens die moord op ’n diensbestuurder van die Qatar-lugdiens in 2006 in die hof verskyn het, word nog nie met verlede week se moordaanval op die N1 by Johannesburg verbind nie. Die polisie kyk egter wel na die moontlikheid dat mnr. Steven Tshabalala (26) by die moord op die Kaapse joernalis Megan Herselman op 13 Junie 2006 betrokke was. Herselman is net aan die ander kant van die N1 naby die Rivonia-afrit vermoor as waar mnr. Clay Charles Juan Pierre-Louis, ’n werknemer van Qatar-lugdiens, op 22 Julie 2006 vermoor is. Die polisie sê ook dat nóg mense uiteindelik van die moord op Pierre-Louis aangekla sal word. Tshabalala, ’n veiligheidswag van Ivory Park, het gister weens die moord op Pierre-Louis in die Randburgse landdroshof verskyn. Mnr. Arren Mahabeer en me. Velash Naidoo (31), sy verloofde, was verlede week op pad na ’n familiebyeenkoms in Durban toe hul motor klippe getref het wat oor dieselfde hoofweg naby die Malibongwe-afrit gepak was. Vier gewapende rowers het Mahabeer oorval toe hy uit sy motor geklim het om die pap wiel weens die stamp om te ruil. Tshabalala, geklee in ’n gestreepte blou hemp en ’n wit broek, het vlugtig voor landdros Fatima Khan verskyn. Toe hy gevra is of hy die dienste van ’n regshulpraadprokureur wil gebruik, het hy gesê hy gaan homself verteenwoordig. Hy het wel later regshulp gevra toe Khan hom daarop gewys het dat hy van ’n ernstige misdaad aangekla word en dalk die res van sy lewe in ’n tronk kan deurbring. Op vrae van Khan of nóg verdagtes aangekla gaan word, het kapt. Fanie van der Watt, die ondersoekbeampte, gesê meer as een verdagte was by die misdaad betrokke, maar dat die ander nog nie geïdentifiseer is nie. Volgens Van der Watt sal daar wel nog ander (aangeklaagdes) wees. Supt. Eugene Opperman het in ’n verklaring gesê Tshabalala is Dinsdag in Ivory Park aangekeer, ná ’n jare lange ondersoek na die moorde en aanvalle op dié hoofweg. Die saak is tot 21 Oktober uitgestel. Tshabalala bly in aanhouding.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|