Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Regters het hul status misbruik, meen Hlophe
Oct 10 2008 09:22:31:253PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Philip de Bruin


pdebruir@beeld.com

Die regters van die konstitusionele hof was “doelbewus nalatig en het hul status as regters gebruik om venynige en wraaksugtige openbare menings” teen regter-president John Hlophe van Kaapstad te “mobiliseer”.

Hul enigste doel daarmee was om Hlophe te dwing om uit sy pos as regter te bedank.

So voer Hlophe aan in sy eisbrief teen die regters, gerig aan hoofregter Pius Langa, waarin hy (Hlophe) skadevergoeding van R10 miljoen van die regters eis “weens die skade wat veroorsaak is aan my reputasie weens die onregmatige en/of nalatige publikasie van bewerings van growwe geregtelike wangedrag”.

Hlophe sê hy het ná “smartlike oorweging” van die situasie waarin sy reputasie geskend is, tot die onvermydelike besluit gekom om skadevergoeding van die regters van die konstitusionele hof te eis weens die aantasting van sy persoonlike regte.

Hlophe eis dat die R10 miljoen binne 30 dae aan hom betaal word en dreig dat ’n dagvaarding teen die regters uitgereik sal word as die geld nie betyds betaal word nie.

Die brief is namens Hlophe deur mnr. Lister Nuku, sy regsverteenwoordiger, onderteken.

Hlophe voer aan dat hy weens die publikasie van ’n verklaring van die regters waarin bekend gemaak is dat ’n klag van wangedrag teen Hlophe by die Regterlike Dienskommissie (RDK) ingedien is, nou geassosieer word met “korrupsie, geregtelike ongedissiplineerdheid, skandale en ’n gebrek aan oordeel”.

Met verwysing na Langa-hulle se eerste openbare verklaring op 30 Mei waarin bekend gemaak is dat die klagte teen Hlophe by die RDK ingedien is, sê Hlophe dit is gedoen voordat hy ’n kans gehad het om sy saak aan die regters van die konstitusionele hof te stel en die verklaring bestaan dus uit “ongetoetste bewerings”.

“Omdat die feitelike grondslag vir dié bewerings nie in die verklaring oorgedra is nie, is die enigste afleiding dat die konstitusionele hof se regters doelbewus nalatig was” en hul posisie as senior regters misbruik het.

“Die publikasie van sulke ongetoetste bewerings was roekeloos en ’n onregmatige verontagsaming van my regte.”


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |