Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Skurke jaag met motor uit handelaar
Oct 10 2008 09:22:29:660PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Werknemers van Klerksdorp Volkswagen kyk na die skade waar 'n Golf GTI ter waarde van nagenoeg R300 000 deur die voordeur gebars het tydens 'n rooftog. Foto: Nicolize van der Walt
Nicolize van der Walt


Klerksdorp. – Rowers het eergisteraand hier met ’n splinternuwe Volkswagen Golf van die handelaar se vloer af deur ’n glasvenster van die vertoonlokaal gejaag en met dié voertuig weggekom.

Die polisie was laat gister steeds besig om twee verdagtes oor dié rooftog uit te vra.

Die rowers (daar was vermoedelik vyf) het omstreeks 22:00 eers al die veiligheidswagte van die Volkswagen- en omliggende motorhandelaars by die Flamwood Walk-sentrum teenaan die N12 met handwapens aangehou voordat hulle by die Volkswagen-handelaar ingebreek het.

Volgens die polisie is die wagte gedwing om op hul mae te lê. “Al wat hulle gehoor het, is die alarm en die volgende het hulle remme hoor skree en glas wat breek. Hulle het wel ’n ander grys GTI Golf ook in die omgewing opgemerk. Ons het intussen vasgestel die verdagtes het kort daarna brandstof ingegooi, ’n entjie vanaf die VW-garage,’’ het insp. Sam Tselanyane, Noordwes-polisiewoordvoerder, gister gesê.

Die mans het met die Golf deur die vertoonlokaal se voordeur gebars en nie net die glas gebreek nie, maar ook dele van die aluminium-deurrame gebuig.

Kort daarna het die polisie se hoofwegpatrollie twee insittendes in die grys Golf afgetrek en in hegtenis geneem vir ondervraging. Daar is glo ’n koevoet, asook onderdele van die nuwe motor in die grys Golf gekry.

Die wit Golf is later verlate by Klerksdorp se skouterrein gekry.

Werknemers het gisteroggend in ongeloof die skade aan die deur betrag. “Die nuwe Golf kos sowat R300 000. Hulle het die ruit van ’n ander nuwe motortjie wat voor die gesteelde kar gestaan het, gebreek om hom te kon skuif. Daarna het hulle deur die (lokaal se) ruit gebreek,’’ het mnr. Marnitz Nienaber van Volkswagen Klerksdorp gesê.

Volgens die polisie het mans wat moontlik aan die beskrywing van die verdagtes voldoen, vroeër die week die motor by dié handelaar toetsbestuur. “Ons vermoed hulle het die spaarsleutel gesteel, want dit is glo nie moontlik om die voertuig sonder sy sleutel aan te sluit nie,’’ het Tselanyane gesê.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |