Gautrein in Beeld
Die Gautrein-projek vorder fluks. Loanna Hoffman het haar kamera byderhand gehad.
Beeld
Wie het wie verneder?
Weideman het dalk bietjie tee oor haar gekry voor 10 of 20 of 100 mense...

Leserskommentaar onderaan.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote


Lekota se lyfwag in Pta beroof
Oct 10 2008 10:19:32:607PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Cobus Coetzee


Mnr. Mosiuoa Lekota se lyfwag is gister in Pretoria ontvoer en beroof.

Die rowers het vir die lyfwag gesê Lekota sal net in die hemel ’n nuwe party kan stig, het dié voormalige minister van verdediging en ANC-voorsitter gisteraand aan Talk Radio 702 gesê.

“Dit lyk of hulle (die rowers) deel moet wees van ’n groep mense wat ongelukkig is oor die inisiatief wat ek Dinsdag oor die radio aangekondig het.”

Volgens hom het die lyfwag na sy dokter in Soshanguve, noordwes van Pretoria, gegaan.

“Hy het die spreekkamers rondom 09:00 verlaat en tussen toe en 09:30 na sy werk teruggekeer.”

Dit is toe dat hy ’n motor met donker vensters opmerk wat hom agtervolg en vir hom ligte flits.

“Hy het gedink hulle wou hom verbysteek, maar hulle het kort voor hom stilgehou. Hy het eers gedink dit is dalk mense wat aanwysings soek.”

Volgens Lekota het ’n man wat sy hand in ’n bruin koevert gesteek het, die lyfwag genader.

“Dit is toe dat hy besef daar is ’n wapen in die koevert.”

Hy is beveel om in sy eie motor te klim en gedwing om in die veld langs ’n grondpad te ry.

Hulle het hom deurgesoek en waardevolle goedere en net onder R5 000 kontant uit sy motor gehaal.

Die rowers het hom daar gelos en sy motorsleutels en selfoon gevat.

Me. Jessie Duarte, ANC-woordvoerder, het gisteraand gesê sy is nie bewus van die voorval nie, maar het beklemtoon die ANC veroordeel geweld ten sterkste.

Sy was verbaas dat Beeld die ANC bel en het gewonder of Lekota nog ’n partylid is.

Sr.supt. Vish Naidoo, polisiewoordvoerder, het gesê die lyfwag het gistermiddag eers vir die BBP-beskermingseenheid se bestuur gesê hy is beroof. “Ons het met ’n informele ondersoek begin, maar geen saak is tot dusver aanhangig gemaak nie.”


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |