Gautrein in Beeld
Die Gautrein-projek vorder fluks. Loanna Hoffman het haar kamera byderhand gehad.
Beeld
Wie het wie verneder?
Weideman het dalk bietjie tee oor haar gekry voor 10 of 20 of 100 mense...

Leserskommentaar onderaan.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote


Botsing eis rugbykommentator
Oct 12 2008 08:57:44:980PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Malani Venter en Dries Liebenberg


Die Afrikaanse sportkommentator Chris Möller (48) is gisteroggend op slag dood in ’n motorbotsing agter Durban se Absa-stadion.

Hy het eergistermiddag nog kommentaar oor SuperSport gelewer oor die Curriebeker-halfeindstryd tussen die Sharks en Leeus in Durban.

Hy was gister omstreeks 07:30 in ’n botsing reg van voor betrokke terwyl hy na die lughawe onderweg was.

Mnr. Chris Botha, ’n woordvoerder van Netcare 911, het gesê Möller het erge kop- en borsbeserings opgedoen.

Die motor waarin Möller gery het, het omgeslaan en ’n hele ent gerol nadat dit teen ’n Toyota RAV4 gebots het.

“Die geweld van die ongeluk was só erg dat die stuurwiel van Möller se motor heeltemal afgebreek het,” het Botha gesê.

Die bestuurder van die ander motor het ligte beserings opgedoen. Albei bestuurders was alleen in hul voertuie toe die ongeluk plaasgevind het.

Gary Boshoff, nog ’n sportkommentator wat saam met Möller uitgesaai het, het gister sy dood as “ ’n groot skok” beskryf.

“Hy was ’n gemoedelike mens en altyd vriendelik gewees.

“Chris was altyd bereid om raad vir my te gee. Ek het baie by hom geleer en ons het gereeld inligting oor ’n wedstryd met mekaar uitgeruil.

“Hy was ’n gróót Leeus-ondersteuner. Ons het nog voor die wedstryd gek geskeer. Chris was natuurlik teleurgesteld ná die wedstryd, maar hy het rugby goed geken en gesê die Sharks het verdien om te wen,” het Boshoff vertel.

Luidens die webwerf van Kanaal 7, ’n radiostasie in Windhoek, is Möller sowat ’n jaar gelede as omroeper daar aangestel.

Hy het ’n nuusprogram soggens hanteer.

Möller het aan die Universiteit van Stellenbosch studeer en daarna as omroeper by die SAUK begin werk.

Geen begrafnisreëlings is nog bekend nie.

Möller word oorleef deur sy vrou, Susan, en drie kinders – Elzette, Stefan en Herman.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |