Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||||||
|
Is dít Luke se einde?
Pieter Jordaan en Herman Scholtz Luke Watson se uitgesprokenheid kan ’n doodsteek vir dié omstrede rugbyspeler se rugbyloopbaan in Suid-Afrika wees. Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) hou vandag ’n dringende vergadering om ondersoek in te stel na uitlatings wat Watson vroeër vandeesmaand, glo in ’n toespraak as gasspreker by die Universiteit van Kaapstad, gemaak het. ’n Bom het om sy kop gebars nadat daar berig is dat hy na Afrikaners as “Dutchmen” verwys het en op sy Bok-trui wou braak. Watson het glo gesê die groot probleem met Suid-Afrikaanse rugby is dat dit deur “Dutchmen” (wit Afrikaanse mans) bestuur word en het verskeie ander omstrede uitlatings gemaak. Saru het gister ’n mediaverklaring uitgereik waarin hy met skok van die uitlatings verneem. “Saru het ’n dringende vergadering vir Maandag belê om die akkuraatheid van die berigte (in Sondagkoerante) te bepaal,” het mnr. Andy Marinos, waarnemende besturende direkteur van SA Rugby, gesê. Marinos het gesê as die berigte waar is, is dit ’n baie ernstige voorval. Die burgerregte-organisasie AfriForum het gister aangekondig hy het ’n brief aan Watson gestuur waarin hy die rugbyspeler aansê om sy stelling oor “Dutchmen” terug te trek. Stephen Nell berig Watson glo die berigte dat hy teen Afrikaners uitgevaar het en op die Springbok-trui wou braak, ’n poging is om debat van kwessies soos transformasie af te lei. Hy het by monde van sy pa, Cheeky, gesê “hierdie wraaksugtige en kwaadwillige, propagandistiese aanvalle op my is gemik om debat van die werklike kwessies soos transformasie, eenheid en ontwikkeling af te lei”. Volgens Cheeky is daar reeds met prokureurs gepraat oor moontlike regsoptrede. Hy het bygevoeg sy seun het stellings in ’n private gesprek gemaak en dit is buite konteks in die media aangehaal. Die konteks waarin hy glo oor die Bok-trui gepraat het, was sy ervaring van verlede jaar toe hy teen die wil van die vorige afrigter, Jake White, in ’n oefengroep ingesluit is. Rugbylegendes het uitgevaar oor Luke Watson se opmerkings. Wynand Claassen, oudkaptein van die Springbokke wat onder meer tydens die betogerstoer in Nieu-Seeland in 1981 die span aangevoer het, het gesê Watson moet uit rugby verbied word. “Daar is baie jong rugbyspelers, swart, wit en bruin, wat alles sal gee om ’n Springbok te wees en hy verguis dit. “Nou kan ’n mens sien waarom Jake White hom nie wou kies nie. Miskien is hý die probleem.” Die bestuur van SA Rugby is nie “Dutchmen” nie, het Claassen gesê. Ook Frik du Preez, wat aangewys is as die rugbyspeler van die eeu, het gesê die bestuur van SA Rugby, asook die keurders, is alles behalwe ’n groep “Dutchmen”. Die familie van die rugbylegende Danie Craven was ook ontsteld oor Watson se uitlatings. Watson het in sy toespraak gesê iemand soos Craven, “wat gesê het geen swart man sal ooit vir die Springbokke speel nie”, word vereer, terwyl hy (Watson) as ’n politieke kwota beskou word. “Dis totale snert en onwaar,” het me. Pauline Coetzee, kleindogter van Craven, gesê. “Hy haal Dok Craven se woorde uit konteks aan. Hy het dit gesê in die lig van die destydse regering se standpunt.” Die oud-Springbokkaptein Francois Pienaar, wat die Bokke in 1995 tot Wêreldbeker-glorie gelei het, het gesê Watson se uitlatings het hom besonder hartseer gelaat.
|
|||||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|