Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Plaasvrou in haar bed geskiet, gewond toe rowerbende toeslaan
Oct 12 2008 09:34:01:740PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Virginia Keppler


Gewapende aanvallers het ’n vrou van ’n plaas by Bronkhorstspruit, oos van Pretoria, tydens ’n rooftog in haar bed geskiet en gewond.

Me. Alida Pienaar (39) is Vrydag om 02:10 in die linkersy geskiet toe sy wakker geword het van ’n geluid en beweging wat sy by sy en haar man, Koos (40), se slaapkamervenster gesien het.

’n Tweede skoot het die bed se matras getref.

Pienaar, ’n kleinveeboer, het gesê sy vrou het regop gesit en hom wakker gemaak en gesê daar is iemand by die ruit.

“Die volgende oomblik het daar twee skote geklap. Ek het Alida van die bed afgepluk en my pistool gegryp en begin terugskiet,” het Pienaar vertel.

Sy vrou het by die kamer uitgehardloop net toe een van die rowers deur die stukkende venster in die kamer inspring.

“Ek het verskeie skote afgevuur en die rowers het weer by die venster uitgespring en weggehardloop,” het Pienaar gesê.

Die egpaar se naasoudste seun, Nico (16), het intussen wakker geskrik en in die gang afgehardloop, maar die rowers was reeds weg.

Sy jonger broer, Ryno (9), het deur die skietery geslaap.

Die egpaar se oudste seun, Gustav (18), het by sy vriendin in Pretoria gekuier.

“My kinders is steeds erg getraumatiseer oor wat met hul ma gebeur het,” het Pienaar vertel.

Volgens hom sterk sy vrou goed aan in die hospitaal, maar is sy in erge pyn. Hy wou nie die naam genoem hê van die hospitaal waar sy behandel word nie omdat hy vir sy vrou se lewe vrees.

Kapt. Simon Petrus Mashiloane, polisiewoordvoerder, het gesê kort ná die voorval is ’n plaaswerker wat op pad huis toe was nadat hy op ’n nabygeleë kleinhoewe gekuier het, deur vier rowers oorval, aangerand en van ’n selfoon en beursie beroof.

Mnr. Aubrey Mafokane (24) het kopbeserings opgedoen toe die rowers hom met ’n vuurwapen geslaan en hom op die grond geskop het. Die polisie vermoed dit kan dieselfde aanvallers wees.

Mashiloane het gesê ’n vriend wat saam met Mafokane was, het betyds weggehardloop en alarm gemaak en dit het waarskynlik Mafokane se lewe gered.

Die rowers het ’n skoot afgevuur voordat hulle gevlug het.

Die polisie ondersoek die voorvalle.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |