Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
E-pos oor boewe in swartsakke 'gemors'
Die polisie en internetkenners lag almal oor die jongste e-pos om mense teen ’n nuwe “misdaadtendens” te waarsku. Die e-pos verduidelik hoe voornemende inbrekers en kapers, geklee in swart, in vullissakke mense voor hul huise inwag en oorval sodra hulle tuiskom. Sodoende kyk die polisie en buurtwagte hulle glo mis en veral op vullisverwyderingsdae word onraad nie vermoed nie. “Hierdie e-pos doen al ’n geruime tyd die rondte, maar daar is tot dusver geen soortgelyke voorvalle by ons aangemeld nie,” het supt. Eugene Opperman, polisiewoordvoerder, gesê. Hy het bygevoeg as daar nie ’n naam en kontakbesonderhede onder aan die e-pos verskyn nie, moet mense onraad vermoed. Mnr. Arthur Goldstuck, direkteur van World Wide Worx en bestuurder van die webwerf Urban Legends, het gesê dit klink vir hom na “ ’n klomp gemors”. “Sou daar wel sulke ‘gevare’ bestaan, sal die owerhede ’n amptelike waarskuwing deur die media stuur.” Besoek www.urbanlegends.org vir nog voorbeelde van fop-e-posse en hoe om hulle uit te ken.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|