Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Wittes mag glo nie meer sake doen met dié distriksraad
Die Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit (EDM) in Nelspruit het besluit geen wit mense mag meer sake met die raad doen nie. ’n Rasseherrie dreig nou in die Mpumalanga-hoofstad nadat dié besluit verlede week tydens ’n lekgotla van die raad se senior bestuurders geneem is. Mnr. Hugh Mbatha, die raad se munisipale bestuurder, was die voorsitter. Lede van die raad se burgemeesterskomitee het ook die vergadering bygewoon. “Stop aanstellings van wit konsultante, kontrakteurs en enige ander diensverskaffers en bemagtig swart konsultante, kontrakteurs en ander sakemanne,” lui die amptelike besluit. Volgens dokumente in Beeld se besit word dié besluit geregverdig as “instelling van die regering se beleid en riglyne ten opsigte van swart ekonomiese bemagtiging op ’n breë grondslag (BBBEE).” Mnr. Gravett Herbst, koukusleier van die DA in die EDM, het gesê: “Dit is ’n rassistiese besluit en volslae diskriminasie teen wit mense.” Die munisipaliteit het gister, ná ’n navraag van Beeld, gesê die besluit sal eers voor die raad moet dien. Mnr. Caswell Maluleke, die speaker van die raad, het gesê hy is nie bewus van die besluit wat deur die raad se senior bestuurders geneem is nie. “Daar bestaan tans geen beleid in die raad wat wit mense uitsluit nie. So ’n besluit moet eers deur die burgemeesterskomitee self oorweeg word. Daarna sal besluit word of dit haalbaar is en dan sal dit vir bespreking aan ’n volle sitting van die raad voorgelê word,” het Maluleke gesê. Herbst het gesê: “Die besluit is net ’n eensydige saak wat deur enkele mense met versteekte agendas aangehits word.” Die DA gaan daarop aandring dat amptenare nie die besluit toepas voordat dit voor die raad gedien het nie.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|