Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
||||||||||||||||||||||
|
Slim man laat vroue wat kaap op hul neus kyk
Vanderbijlpark. – Die nuutste slagoffer van ’n groep vroue wat mans in Mpumalanga kaap en afdreig vir geld, “bewe steeds” ná sy “vernederende ervaring”. Mnr. Johan Oosthuizen (63), ’n sakeman van Vanderbijlpark, het eergister die bordjies verhang en sy kapers laat spaander. Die vroue se werkwyse is om ’n saamrygeleentheid by mans wat alleen reis te kry en hulle dan met verkragtingsklagte af te dreig vir geld. Oosthuizen was van Kinross na sy huis op pad toe ’n vrou by ’n stopteken by die Leandra-aansluiting op die N17 ’n saamrygeleentheid gevra het. “Ek het aan haar gewys daar is nie plek in my enkelkajuitbakkie nie, toe ’n ander vrou agterop die volgelaaide bak probeer klim en só my aandag afgetrek het,” het Oosthuizen gesê. Die eerste vrou het vermoedelik toe haar hand deur die venster gesteek en die deur oopgesluit. “Dit was soos mes, toe sit sy langs my.” Die ander vrou het haar in die baie klein spasie agter die sitplek ingewurm. Naby Leandra wou die vroue uitklim. “Sekondes later was nog drie vroue in my bakkie. Ongelooflik, maar vier was agterin die nou spasie en een voor langs my. ‘Gee ons geld vir koeldrank, Baas’,” het een van die vroue volgens Oosthuizen gesê. Hulle was nie tevrede met sy kleingeld nie en een vrou het hom oorweldig, die bakkie afgeskakel en die sleutels gevat. Toe dreig hulle dat hulle sal sê hy het hulle verkrag as hy nie nóg geld gee nie. Een van die vroue het haar klere begin uittrek. “Ons sal ook jou vrou sal vertel wat jy gedoen het.” “Ons ken die polisielede hier rond, Oupa,” het een glo gesê. “Julle ryk Vrystaatse boere kom mos hier om ons vrouens te verkrag,” het ’n ander gesê. Oosthuizen het begin “saamspeel” en gesê hy sal by ’n kitsbank geld trek. By ’n verlate vulstasie het Oosthuizen ’n vals PIN gebruik en die vroue so oortuig die masjien werk nie sodat hy na ’n kitsbank in Lenasia kon ry “waar daar mense is”. Hier het hy ’n stopteken verontagsaam en met skreeuende bande voor die polisiestasie stilgehou. Polisielede het Oosthuizen te hulp gesnel, maar die vroue het reeds uitgespring en weggehardloop. Volgens supt. Eugene Opperman, Gautengse polisiewoordvoerder, word sulke misdaad in die algemeen nie aangemeld nie omdat die mans vernederd voel. Al hoe dit egter hokgeslaan kan word, is dat mans wel kla, het hy gesê.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|