Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Smeek rowers, maar sterf langs kinders
Oct 26 2008 10:36:58:007PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. Wiekus Moolman
Hilda Fourie


Terwyl sy vrou en twee seuns langs hom vasgemaak gesit het, is ’n Pretoriase chemikus dood nadat rowers hom koelbloedig in die onderlyf geskiet het.

Terwyl hy vasgemaak en bloeiend by sy kamerdeur gelê het, het mnr. Marius MacDonald (42) die man wat hom geskiet het, gesmeek om hom te help.

“Die rowers het niks ge-worry nie,” het sy swaer, mnr. Wiekus Moolman (21), gister aan Beeld vertel oor dié moord op ’n kleinhoewe by Leeufontein, noordoos van Pretoria.

Die gebied is in die misdaadgeteisterde Kameeldrift-omgewing.

Drie rowers, van wie een se naam Oscar is, het die MacDonalds se huis Sondag kort ná middernag by ’n venster binnegekom. Hulle het Gareth (12), wat voor die televisie aan die slaap geraak het, wakker gemaak, ’n vuurwapen teen sy kop gedruk en hom aangesê om sy ouers te roep.

“Toe my suster en Marius hul kamerdeur oopmaak, was daar klaar twee rowers by dié deur,” het Moolman gesê.

“Marius het een tree vorentoe gegee, toe skiet hulle hom.

“Sy vrou het agter hom gestaan en sy seuntjie Jason (2) langs hom.

“Gareth was op die trappe. Ek weet nie of hy gesien het wat met sy pa gebeur nie.”

Volgens Moolman het MacDonald op die vloer voor sy deur neergeval.

Die rowers het Gareth op sy ouers se bed met skoenveters vasgemaak.

Daarna het hulle mev. Leonora MacDonald (38), met Jason in haar arms, na die kluis geneem. Sy het vir hulle die sleutels gegee en die rowers het vier vuurwapens geneem.

Hulle het toe vir selfone gevra en mev. MacDonald gedwing om die huis-, hek- en motorsleutels uit te sorteer.

“Hulle het my suster toe langs Marius gaan vasbind,” het Moolman gesê. “Sy het Jason nog vasgehou.

“Hulle het ook Gareth langs sy pa laat kniel en sy hande en voete agter sy rug aanmekaar vasgemaak.

“Marius het heeltyd vir hulp en water gevra. Toe my suster hom wou help, het hulle gedreig om haar te skiet. Hulle het ook Marius se regterhand en -voet aan mekaar vasgemaak.”

Die rowers het die huis toe gefynkam en op Moolman afgekom waar hy in Gareth se kamer geskuil het. Hy is ook met skoenveters vasgemaak.

Hulle het toe die televisie, skootrekenaar, rekenaar en ander elektriese ware in die MacDonalds se Volkswagen Polo gelaai.

MacDonald is dood vyf minute voordat hulle weg is.

“Ek kon alles hoor wat aangaan en het so hulpeloos gevoel.”

Volgens Moolman het die polisie naby aan die MacDonalds se kleinhoewe op die moordenaars afgekom, maar hulle het weggehardloop. Hulle het met net die wapens weggekom.

Moolman het gesê daar is in die laaste paar maande ’n paar keer by hul voertuig ingebreek.

Konst. Mabel Sibanda, polisiewoordvoerder, het gesê ’n saak van moord word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

  • Nog ’n berig op bl. 4.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |