Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Kaal mans val mense tydens kerkdiens met pepersproei aan
Oct 27 2008 10:21:13:707PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Op hierdie selfoonfoto wat in 2006 geneem is, konfronteer prof. Anton van Niekerk van die filosofiedepartement vir Lodiwikus (Lodi) Gouws, geklee in 'n T-hemp en deurtrekker met 'n 'slurpie'.
Le Roux Schoeman

Stellenbosch. – Drie jong mans het in die hof verskyn nadat hulle kaal en glo gewapen met pepersproei ’n kerkdiens hier ontwrig het.

Die voorval was by Shofar, ’n charismatiese kerkgroep genoem na die Hebreeuse woord vir ramshoring

Lodiwikus Gouws (20), Antonie Knoetze (21) en Dwayne Wiese (21) is volgens kapt. René Matthee, ’n polisiewoordvoerder, voorverlede Sondag weens openbare onsedelikheid en aanranding in hegtenis geneem.

Gouws het in 2006 ook opskudding veroorsaak toe hy op ’n selfoon afgeneem is terwyl hy as deel van ’n koshuis-verwante inisiatief ’n filosofieklas by die Universiteit van Stellenbosch (US) ontwrig het.

Hy was toe geklee net in ’n T-hemp en ’n deurtrekker met ’n “slurpie”.

Gouws is ’n inwoner van die Wilgenhof-koshuis. Die koshuis het gister ontken die kerkvoorval was beplande studente-“pret”.

Kerklui het die voorval gister as ’n “berekende en voorafbeplande aanval” bestempel. Volgens die US is “eerste aanduidings” dat “enkele” van sy studente wel by die voorval betrokke was.

“Die universiteit ondersoek die saak en die klagte teen die betrokkenes sal geformuleer word op sterkte van die feite wat die ondersoek aan die lig bring,” luidens ’n verklaring deur die US.

Volgens mnr. Morné Bosch, ’n woordvoerder van Shofar, het ses kaal mansstudente die gebou tydens die diens binnegestorm. Volgens Bosch was daar sowat 400 mense by die diens.

“Twee (van die mans) het daarin geslaag om tussen die verbysterde kerkgangers in te storm en hulle met pepersproei aan te val,” luidens ’n verklaring wat die kerk uitgereik het.

’n “Noodontruiming” het gevolg.

“Dit is bisar, dit is nie studentepret nie,” het Bosch gesê. Volgens hom meen die kerk die voorval dui op ’n “onrusbarende vlak van morele verval in sekere kringe van die akademiese gemeenskap”.

“Jy weet, jy is besig om die Here te aanbid, dan stap daar kaal ouens in...dit traumatiseer ’n mens,” het pastoor Sias le Roux gesê.

Mnr. Marcel Boezaart, primarius van Wilgenhof, het bevestig Gouws is nog ’n inwoner van Wilgenhof, maar het gesê die kerkvoorval was “weg van kampus” en hou nie verband met koshuisbedrywighede nie.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |