Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Boer sterf toe hy drie rowers wou keer
Nov 03 2008 09:58:12:643PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Mev. Christelle Botha en haar dogter Odelia (13) by die gebreekte venster waardeur mnr. Brink Botha geskiet is. Foto: Daleen van Manen
Daleen van Manen


Brits. – ’n Boer van Mamogaleskraal in Noordwes is gister in die vroeë oggendure doodgeskiet tydens ’n worsteling met drie gewapende rowers deur ’n gebreekte slaapkamervenster.

Mnr. Brink Botha (53), ’n bekende boerboelteler en boer in die omgewing, is twee keer in die bors geskiet toe hy die rowers wou keer om by die venster in te kom nadat hulle ses van die gesin se honde vergif het.

Brink en sy vrou, Christelle (39), het omstreeks 03:00 wakker geskrik toe hulle die venster hoor breek.

“Ons het opgevlieg en Brink het na die venster gestorm,” het mev. Botha gisteroggend gesê.

“Hy het met die rowers baklei om hulle buite te hou, en toe skiet hulle hom. Hy het geval en ek het studeerkamer toe gehardloop om die pistool in die kluis te kry. Ek het nog ’n skoot gehoor en toe is een van die rowers by my.”

Die rowers het die Brinks se 13-jarige dogter, Odelia, en haar ma gedwing om die kluis in die studeerkamer oop te sluit.

“Hulle het heeltyd geld gevra. Die pistool was in die kluis, sowel as ander wapens, maar hulle wou net geld hê en ek het die R200 in my handsak vir hulle gegee. Hulle het die selfone gevat, in die kaste gekrap en toe al die sleutels en afstandbeheer geëis.”

Die rowers het mev. Botha en Odelia vasgebind en in die studeerkamer toegesluit voordat hulle in die gesin se Corsa-bakkie gevlug het. Ma en dogter het daarin geslaag om los te kom en het die studeerkamer se venster gebreek om uit te kom.

“Ons kon nie uit die erf kom nie omdat die rowers weg is met die afstandbeheerkontrole. Ek het aangehou toeter blaas om die werkers wakker te maak.”

Hulle het na bure gery en die noodddienste en die polisie ontbied.

Insp. Brian Dlamini, polisiewoordvoerder, het gesê die Corsa-bakkie is kort ná die aanval in die De Wildt-omgewing gevind. “Dit lyk of die rowers onder die elektriese heining deurgeklim het. Die alarm op die heining het nie afgegaan nie.”


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |