Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

14-jarige sien moord op sy pa
Nov 07 2008 09:24:54:660PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

’n Man (40) is ten aanskoue van sy seun (14) in sy bed doodgeskiet nadat vier gewapende rowers hulle in hul huis by Rooikoppies, Brits, oorval het.

Mnr. Flip Minni en sy seun, Phillip, was alleen tuis toe die rowers omstreeks 21:45 by die kombuisvenster ingebreek en Phillip oorval het.

“Hulle het hom gedwing om hulle na sy slapende pa se kamer te neem. Minni sr. het wakker geword, met hulle geworstel en is in die kop geskiet,” het insp. Brian Dlamini, Brits-polisiewoordvoerder, gesê.

Phillip is in die kamer by sy pa vasgebind waarna die rowers met ’n haelgeweer en patrone, drie selfone, ’n TV-stel en R280 in Minni sr. se motor gevlug het. – Daleen van Manen


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |