Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Polisie kla oor intimidasie
Die polisie in Badplaas, Mpumalanga, het ’n klag van intimidasie by die Menseregtekommissie (MRK) ingedien omdat hy glo deur die Young Communist League (YCL) met die dood gedreig is. Die klag kom te midde van ernstige bewerings van wanbestuur, rassisme en voorkeurbehandeling van sommige polisielede in die dorp. Die klag, wat verband hou met ’n onlangse YCL-vergadering waarop die gemeenskap glo aangemoedig is om polisiemanne dood te maak, is deur 19 van die 26 polisielede by die kantoor onderteken. Die polisielede voer aan dat ’n lid van die YCL gesê het hulle “sal skiet om dood te maak”. Mnr. Pro Khoza, ’n raadslid van die Albert Luthuli-munisipaliteit, het na bewering dié uitlating gemaak. Strafregtelike klagte van intimidasie is ook teen Khoza aanhangig gemaak. Supt. Charles Marivate, stasiebevelvoerder, is op die vergadering uitgejou omdat hy volgens die gemeenskap die wit lede van die polisiekantoor steun. Die YCL het daarop aangedring dat Marivate verplaas word. “Julle gaan k*k. Julle broeke gaan vol k*k wees,” het Khoza onder toejuiging van die sowat 50 mense op die vergadering geskreeu. Die polisielede se besware is ook onder die aandag van komm. Rex Machaba, waarnemende provinsiale kommissaris, gebring. Supt. Sibongile Nkosi, polisiewoordvoerder, het bevestig dat hulle die klag ontvang het. Khoza wou gister nie telefonies op vrae reageer nie. Hy het onderneem om teen gistermiddag op e-pos-vrae te reageer, maar geen antwoorde is teen druktyd ontvang nie. Intussen het ’n Beeld-ondersoek ook verskeie gevalle van beweerde korrupsie, wanbestuur en nalatigheid by die polisiekantoor aan die lig gebring. Van die gevalle sluit in: Die bevelvoerder het glo geweier dat slotmakers ontbied word om die seldeur oop te maak. Hy het glo onder meer R1 200 omkoopgeld ontvang om ’n botsingsverslag te verander. Hy het die voertuig glo sonder toestemming gebruik om die naweek vir familie te gaan kuier. Geen tugstappe is nog teen hulle gedoen nie. Die polisie het teen druktyd nie op die geskrewe vrae geantwoord nie.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|