Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Doodstraf, want hy glo in ‘oog vir oog’
Nov 10 2008 07:34:39:430PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Mnre. Coen (links) en Louw Maritz buite die Pretoriase hooggeregshof nadat die twee mans wat hul broer, Manie, vermoor het, lewenslange tronkstraf opgelê is. Foto: Herman Verwey
Hilda Fourie

Sy broer se lewe is geneem, maar sy moordenaars kry nog ’n kans – al is dit in die tronk.

“Ek glo ’n oog vir ’n oog en ’n tand vir ’n tand,” het mnr. Louw Maritz gister gesê nadat sy broer Manie (47) se twee moordenaars, Frans Mthabe?sitha (26) en Patric Sithole (36), gister in die Pretoriase hooggeregshof albei lewenslange tronkstraf opgelê is.

“In die ou bedeling sou hulle die doodstraf gekry het. Bring die doodstraf terug, want nou gaan Jan Publiek vir hul lewe vorentoe betaal,” het Maritz gesê.

“Ons moet nou betaal dat hulle televisie kan kyk, sportgeriewe kan gebruik en die geleentheid sal hê om te leer.

“Dít terwyl hulle ’n lewe geneem het.

“My broer se lewe het op 47 tot stilstand gekom.”

Mnr. Manie Maritz, ’n takbestuurder van BMW, is op 15 Julie verlede jaar voor sy gestremde dogter by hul huis in Constantiapark, in die ooste van Pretoria, doodgeskiet.

Waarnemende regter Vivian Tlhapi het in haar uitspraak gevra wat gee iemand die reg om ’n ander se eiendom te betree en dan ’n gruwelmisdaad soos ’n moord te pleeg.

Toe Maritz en dogter ná ’n troue by die huis gekom het, het Mthabesitha en Sithole hulle oorval.

“Niks kan so wreed wees nie as om deur twee gewapende mans oorval te word as jy by die huis kom en dan binne oomblikke ná jou aankoms, sonder dat jy jou huis binnegaan, vermoor te word,” het Tlhapi gesê.

Net ’n selfoon is in Mthabesitha se besit gevind.

“Om daarvoor vermoor te word is verregaande,” het Tlhapi gesê.

“Burgers van ons land word elke uur van elke dag deur ’n stortvloed van moorde, huisrooftogte en verkragtings geteister.

“In die meeste gevalle word dié misdade gepleeg wanneer mense in die privaatheid van hul huise is.

“Dié gevaarlike situasie het ’n uitwerking op alle burgers. Maak nie saak wie jy is, wat jou ras of geloof is nie.”

Behalwe vir die lewenslange vonnisse, is Mthabesitha en Sithole tot ’n verdere ses maande gevonnis weens die aanranding van Maritz se dogter.

’n Verdere twee jaar tronkstraf is ook aan Sithole opgelê weens die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |