Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
||||||||||||||||||||||||||
|
Sal 'met trots vir SA speel onder ander embleem'
Kaapstad. – Luke Watson sê hy is beskikbaar om weer vir Suid-Afrika te speel, maar slegs onder ’n embleem wat “die hele land verteenwoordig”. Nadat die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se tugverhoor teen Watson gister in Nuweland op dadels uitgeloop het, het die omstrede losvoorspeler van die Westelike Provinsie aan Beeld se susterkoerant Die Burger gesê hy wil steeds vir sy land rugby speel. “Ek sal baie graag weer vir Suid-Afrika wil speel. Daar sal geen groter eer wees nie. Hierdie land is ’n simbool van hoop en dis ’n voorreg om dié nasie te verteenwoordig,” het Watson gesê. “Ek sal egter op grond van my beginsels nie meer onder die Springbok as nasionale embleem kan speel nie. “As daar ’n nasionale embleem is wat almal verteenwoordig, sal ek Suid-Afrika met trots, eer en waardigheid verteenwoordig.” Watson is gedaag om gister voor ’n Saru-tugverhoor te verskyn weens onder meer uitlatings dat hy hom moes keer om nie op sy Springbok-trui te braak nie. Die saak teen hom is vroeg in die verrigtinge geknou deur die bevinding dat die regsbeampte, mnr. Nape Dolamo, ingevolge Saru se regulasies nie die geding kan aanhoor nie. Dit is omdat die klousule oor die aanstelling van ’n regsbeampte glo slegs verwys na voorvalle wat tydens ’n wedstryd plaasvind. Gevolglik was dit nie eens nodig dat Watson ’n verweer bied vir sy braak-stelling nie. Hy het wel agterna uitgevaar oor die “onbevoegdheid” waarmee die klagte teen hom gehanteer is. “Ek is verheug oor die uitslag. Dis net jammer Saru het sy weg oopgesien om ’n ongemagtigde opname op ’n sellulêre foon by ’n derde party te bekom en wou dit teen my gebruik,” het Wat?son gesê. “Ek betreur die onbevoegdheid waarmee die klagtes teen my gepaard gegaan het. Die klagtes was uit die staanspoor ongeldig. “Ek is dankbaar vir my familie, vriende en vele Suid-Afrikaners wat my ondersteun het.” Saru het gistermiddag in ’n verklaring gesê die saak word nie as afgehandel beskou nie. Watson is vroeër gister ondersteun deur onder andere dr. Asad Bhorat, sekretaris van die Transformasie- en teenrassisme-rugbykomitee. Bhorat, wat dikwels Saru se benadering tot transformasie kritiseer, het van Johannesburg gekom om sy steun aan Watson toe te sê. Hy het die saak as ’n “heksejag” teen Watson beskou en gesê daar is “ander politieke agendas” wat gedryf word. Mnr. Cedrick Frolick het namens die ANC-studiegroep vir die parlementêre portefeuljekomitee oor sport ’n beroep op SA Rugby gedoen om Watson om verskoning te vra. “Almal wat Luke vooraf skuldig bevind het, behoort hom om verskoning te vra. “Hy is net 25 jaar oud, maar het geweldig baie geloofwaardigheid in nie-rassige rugbysirkels,” het Frolick gesê. “ ’n Jong mens kan egter net soveel vat. Daar was ’n georkestreerde veldtog teen hom. “Luke is weer beskikbaar vir die nasionale span, want dié proses het sy waardigheid herstel.”
|
||||||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|