Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

7 finaliste hoor gou wie kry die Toyota!
Nov 12 2008 07:07:57:120PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Sarel van der Walt

Altesame 45 901 inskrywings is vanjaar vir Toyota, RSG en die Beeld-Kinderfonds se jaarlikse motorkompetisie ontvang. Die wenner word Saterdagoggend aangewys.

Die name van die sewe finaliste is gister deur die ouditeursfirma PricewaterhouseCoopers – wat die Kinderfonds se boeke oudit – getrek.

Een van dié finaliste sal Saterdagoggend in Sandton die eienaar van die splinternuwe Toyota 1.4 Professional ter waarde van R153 000 word.

Die sewe finaliste is:

  • Me. Hermien Buitendach van Potchefstroom;

  • Mnr. Gert Breed van Johannesburg;

  • Ds. Adriaan van Staden van Pretoria;

  • Mnr. Carel Joubert van Roodepoort;

  • Me. Stephani le Roux van Centurion;

  • Mnr. Osborne Mosilo van Krugersdorp; en

  • Mnr. Johan Louw van Tzaneen.

    Drie van die finaliste het per SMS vir die wedstryd ingeskryf en die vier ander het kaartjies gekoop. Die SMS’e en die kaartjies het albei R20 gekos.

    Meer as 13 000 mense het per SMS ingeskryf. Die wenner se naam sal Saterdagoggend by die prysuitdelingsfunksie by Toyota se hoofkantoor in Sandton getrek word.

    Buiten die nuwe Toyota wat op die spel is, kan drie kontantpryse van R5 000 elk en drie van R1 000 elk ook Saterdagoggend gewen word. Die geld wat ingesamel is, word gebruik om behoeftige kinders te help.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |