Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Rowers skiet lodge-baas
Nov 13 2008 08:37:52:140PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Mev. Sarah Edwards, stiefdogter van mnr. Jack Hewitt (61), lodgebaas, praat oor die voorval waarin haar stiefpa en sy vriend, mnr. Ronnie Roberts (50), Woensdagaand geskiet is. Foto: Alan Murdoch
Amanda Roestoff

Krugersdorp. – Die baas van Kenjara Lodge by Kromdraai en ’n vriend is eergisteraand albei ernstig gewond toe twee gewapende rowers hier toegeslaan het.

Mev. Sarah Edwards (25), stiefdogter van mnr. Jack Hewitt (61), die eienaar, het gistermiddag vertel hoe haar man, Wally (46),hul babadogter, Louise (21 maande), gegryp en in veiligheid gehardloop het toe die aanvallers skote in die lodge se kroeg- en restaurantgebied gevuur het.

Edwards het gesê twee mans – een met ’n handwapen en die ander met ’n swart mus op sy kop – het glo omstreeks 22:00 die kroeg binnegestap.

Die rowers het na die restaurant gestap waar Hewitt en mnr. Ronnie Roberts (50), ’n vriend, saam met drie gaste om ’n tafel gesit het. Nog ses gaste was in die kroeg langsaan.

Die aanvallers het een skoot op Hewitt gevuur waar hy in sy stoel gesit het.

“Hy het vermoedelik sy gesig weggedraai en die koeël het hom in die linkerwang getref,” het Edwards gesê.

Gaste het geskarrel om skuiling te probeer kry en ander het plat op die vloer gaan lê.

Hewitt se vrou, Karen, het na die trappe gehardloop om by die boonste verdieping se telefoon uit te kom om vir hulp te bel, toe sy sien dat haar man bloei. Sy is toe die trappe uit en het ’n ambulans en die polisie gebel.

Roberts was glo kort op haar hakke.

In die geharwar het mnr. Edwards sy babadogter gegryp en uitgehardloop.

Die rowers het vermoedelik paniekerig geraak en ’n skoot na mev. Hewitt en Roberts gevuur. Roberts is in die hand getref.

“Terwyl hy inmekaargesak het, het hulle nog ’n skoot afgetrek. Dié koeël het hom in die heup getref.”

Die rowers het die kasregister uit die muur geruk en daarmee en met mev. Hewitt se handsak, wat op die kroegtoonbank was, gevlug. Dis onbekend hoeveel geld in die kasregister was. Die rowers het die kelners se fooitjies (in glase op die kroegtoonbank) net so gelaat.

Mnr. Hewitt, wat in Roodepoort se Wilgeheuwel-hospitaal aansterk, sal na verwagting plastiese chirurgie moet ondergaan om die skade aan sy gesig te herstel.

Hy is in ’n stabiele toestand, het mev. Edwards gesê.

Mnr. Roberts word in die Leratong-hospitaal behandel waar hy volgens mev. Edwards in ’n ernstige maar stabiele toestand is.

“Dit is die eerste keer in (die) tien jaar (wat die lodge bestaan) wat ons ’n rooftog beleef,” het mev. Edwards gesê.

Kapt. Paula Terblanche, polisiewoordvoerder, het gesê die twee rowers is nog nie aangekeer nie.

Enigiemand met inligting kan insp. Joe Mogoanye by 0 082 337 1450 bel.

Me. Annelie Barkema van die toerismedienstevereniging Satsa het gesê hulle werk nou saam met die polisie om sulke aanvalle in die Broederstroom- en Muldersdrift-omgewing te voorkom.

Dié aanval was twee weke nadat mnr. Loffie van der Gryp (48), ’n bekende suiwelboer, op 30 Oktober by die Sterkfontein-melkery vermoor is. Niemand is nog aangekeer nie.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |